8 Julie 2014. Dinsdag.
Ons tweede dag in Ermoupolis. Ons raak nou gewoond aan die gewieg op Maja. Jy maak maar vrede daarmee.
Ons gaan dorp toe. Ons stap in die straatjies rond en verkyk ons aan die ouwêreldse geboue. Die Japannees in Elize word weer wakker en sy neem net foto's.
Ons stap op na die kerk op die heuwel net agter die dorp. Die kerk is mooi van binne en buite met 'n panoramiese uitsig.
 |
Kerk op die heuwel |
 |
Mooi van buite ... |
 |
... en mooi van binne |
 |
Uitsig oor die dorp |
 |
St Nikolas kerk |
Ons begin die aftog te blaas. Ons besoek nog 'n kerk. Onthou ek is mos eintlik 'n kerkmens. 'n Priester is besig om die reuse kandelaar se kristalle skoon te maak. Een vir een, met groot sorg en toewyding.
Ons stap rustig terug na Maja verby klein, tradisionele wit en blou kapelletjies, straatmusikante, ou geboue en steil trappies-straatjies.
 |
Kapelletjie |
 |
Teen die hortjies |
 |
Ou gebou |
 |
Trappies-straatjie |
 |
Driemanskap |
Vanaand gaan Archie ons vrouens uitneem vir ete, want ek verjaar.
 |
Ek verjaar |
 |
Bon appetit |
No comments:
Post a Comment