Thursday, July 10, 2014

Mykonos. Skitterwit.

10 Julie 2014. Donderdag.

Vakansiemekka? Inderdaad!

"Little Venice"

Mykonos is witter as wit. Dis skitterwit. Dis spierwit. Dis 'n tipiese wit Griekse eilanddorpie. Die kerke is wit, die huise is wit, die alles is wit. Met 'n titsel ligblou en donkerblou en seegroen, titsels van alle kleure.

Wit trappe op
Wit trappe af
Windmeule
Een wit windmeul
Paraportiani kerk

Dit wemel van mense, meestal bronsgebrande lywe. Almal sensueel natgesweet van die hitte van 'n skroeiende son.

Ons drink 'n frappe (tipe yskoffie) en 'n kataifi (soort baklava) op 'n piepklein balkon. Die koffie is te bitter en die kataifi is te soet.

Ons wag vir ons frappe
Doedies

Mykonos is verseker 'n besoek werd.

"Lady in white"











2 comments:

  1. Laaste foto...........Hallo Shirley Valentine!!!!Vir wie wag jy?Esther

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Liz Taylor.
      Ek wag op die kaptein.
      Geniet laaste dae van vakansie.

      Delete