Friday, May 9, 2014

Zakynthos. Skillie..

9 Mei 2014. Vrydag.

Patra tot Zakynthos (Laaste vier dae)

Ek het heerlik rustig op anker geslaap.

Ons vertrek 07:30 na die dorp Zakynthos op Zakynthos Eiland (37° 47.086 N, 20° 54.087 O), 17 myl. Ons vaar eers rustig in die Skilpadbaai. Miskien is ons gelukkig en sien 'n skilpad. Ons vaar verby 'n snaakse eiland met wasgoed op die lyn?

Wasgoed op die lyn.

Dis nog nie broeiseisoen nie, en skilpad se kind is nêrens te sien nie. Ons verander rigting en die wind is in ons gesigte. Dit is koud en ons panser onsself met warm klere. Ons motor die hele pad teen die wind.

Ons kom nader aan Zakynthos.

Zakynthos

En jou waarlik, daar is Skillie, stoksielalleen in die water, ver van sy huis. Skillie is skaam, want toe ons nader vaar, verdwyn hy in die niet. Maar ons het darem een skilpad gesien.

Waar is die ingang van die hawe? Ons sien dit eers toe ons baie naby is. Ons kry 'n plek langs die kaai tussen twee ander jagte en Arch mik daarheen. Hy kry Maja in die regte posisie. Ek gooi anker. Oeps, die ketting raak op en ons moet optrek. Arch neem weer posisie in. Hy mik en ek druk en daar gaan die anker. Oeps, die ketting raak op en ons moet weer optrek. Ons doen die hele ritueel maar weer en Eureka!, dis suksesvol. My bene voel skoon bewerig. Ons drink toe maar "cold beverages".

Maja - Raai watter een

Zakynthos is in die aardbewing van 1953  totaal vernietig. Hulle het die dorp herbou, maar van die Venesiese geboue is daar min te sien. Dit bly egter 'n gesellige, lewendige dorp, wat veral in die hoog seilseisoen baie bedrywig word.

Ou kerktoring
Kerkmens en kerkklok
Vissersbootjie en nette

Ons sal nie omgee om nog 'n dag hier deur te bring nie.

4 comments:

  1. Dit lyk heerlik. Die foto's is regtig mooi. Maar as ek lees hoe lam jou bene is na 'n anker-sessie, sluk ek maar benoud....julle beter ons mooi leer of ek swem weg... Geniet dit, Archies. xxa

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi.
      My bene was lam, want ek was honger. Jy sal maar moet leer anker, want van wegswem weet ek nie so mooi nie.

      Delete
  2. Halo julle!

    Dit klink na n lekker dorpie waar julle nou is. Eks bly julle het darem een skilpad gesien. Die dolfyne maak op vir die res wat julle nie gesien het nie.

    Toe jy skryf van die ingang na die ankerplek wat julle wonder waar dit is, toe skrik ek sommer klaar. Gelukkig is dit nie hierdie keer te vlak nie, maar klink lekker diep. Die kerktorings en ou geboue bly darem maar mooi. Het julle gesien die vissersbootjie het so ewe 2 oe op sy voorkant. Die wasgoeddraad werk seker met n katrolstelsel, want geen mens sal daar bykom nie, te hoog...

    Geniet die dorpie
    Oja, Maja is die boot met die SA vlag. Sy lyk baie mooi so tussen die ander bote.

    Liefde
    xxxElize

    ReplyDelete