Tuesday, May 13, 2014

Tranquil Baai. Lefkas Eiland.

13 Mei 2014. Dinsdag.

Kioni tot Tranquil Baai

Die winde van verandering kom môre.

Hier in die Ioniese See, is Gus 'n Noord-Westewind. Hy waai meeste van die tyd uit dié rigting. Die afgelope tyd waai sy neef, die Suidewind, hier.

Môre-aand gaan die winde draai en dan daan Gus sy geregmatige plek weer inneem en hy gaan stormsterk aan die oop see se kant waai. Ons
moet nou koers kies na 'n beskutte plek tussen die eilande waar ons weg is van sy woedende gewaai. Dis waarom ons na Lefkas Marina oppad is, maar vanaand slaap ons in Tranquil Baai oor (38° 42.194 N, 20° 42.758 O). Die naam sê alles.

Ons vertrek 08:30 en die Suidewind waai lekker van skuins agter. Ons span albei seile, en ja Michelle, ons seil toe rêrig. Net met die seile en
nogal vinnig ook, 5.5 tot 6 knope! Dis te heerlik.

"Ja Michelle, ons seil!"

Oral is jagte besig om iewers heen te seil. Almal (die wat weet) met die wete dat hul bestemming genoeg skuiling sal gee, Woensdagnag en veral Donderdag.

Ons seil die grootste deel van die 16.8 myl. Almal seil, dis net wit wapperende seile wat bol in die wind.

Bedrywige besigheid
Kanaal tussen Meganisi- en Lefkas Eilande
Die seile bol
Lefkas Eiland

Ons baai is by die dorpie, Nydri. Dis pragtig hier en wemel van seiljagte wat kom en gaan.

Nydri aan die voet van die berge

5 comments:

  1. ...toe, toe, die spanning raak nou te veel...ek hoop die wind ding gaan sonder voorval verby, maar alles vas maak. Krieks, nagwag is jou voorland, jy gaan seker nie 'n oog toemaak nie, sterkte daarmee...

    Darm lekker geseil vandag!

    Sterkte
    Gerrie

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi.
      Ons het alles vasgemaak, maar Gus het nie gewaai nie. Hy speel lekker wegkruipertjie.

      Delete
  2. Halo!

    Ja, julle het omtrent lekker geseil vandag! Arch was seker in sy noppies. En almal is omtrent oppad na erens veilig. Jy se die wat weet, weet almal dan nie van die wind wat kom nie?

    Dit is lekker om fotos van julle ook te sien so tussen al die ander fotos. Jy lyk baie mooi in jou rooi bloes en serp. Die dorpie Nydri lyk ook baie mooi so met die baie berge agter haar.

    Sterkte met die Gus.

    Liefde
    Elizexxxx

    ReplyDelete
  3. Hi Elize.
    Jy bly darem 'n getroue volgeling van die blog. Dis altyd lekker om jou kommentaar te lees. Almal kyk nie na die internet om die weervoorspellings te sien nie. Hulle vaar maar onverskrokke voort.

    ReplyDelete
  4. Hulle is baie waaghalsig..

    Elize xx

    ReplyDelete