![]() |
Poros tot Kioni |
Ons vertrek uit Poros en vind ons pad na Kioni (38° 26.973 N, 20° 41.468 O) op Ithaki Eiland.
Poros se poort |
Daar's geen wind. Dis onheilspellend stil. Gus (die wind) is nêrens te sien nie. Lê seker êrens en onheil uitdink. Daar is hoeka gerugte van winde wat aan die kom is.
Ons prrr-prrr die hele pad. Die sussende geteem van Maja se motor maak ons lomerig en lui. Myl vir myl, knoop vir knoop lê ons die 20 myl af. Die pad voel vreemd eensaam. Ons albei staar oor die waters, ver in die verskiet, besig om gedagteloos te dink, oor iets. Oor niks.
Kioni se kaai kom in sig, en ruk ons terug na die hede.
Kioni |
'n Man staan slaggereed om ons te help en ons meer vas. Ons gaan stap in die dorpie, as jy dit so kan noem. Dis een van daai plekke wat eintlik nie 'n plek is nie. Daar is meer huise as mense hier, want baie inwoners het na Australië en VSA geimmigreer. Dit het die 1953 aardbewing oorleef en is nou 'n bewaringsgebied.
Ons eie bankie |
Kattekaai |
'n Egte dokkafee |
Die man langs ons praat net wind. Ons moet ons seilprogram aanpas om 'n plek te soek waar ons veilig teen Gus is.
Dis amper volmaan en die maan versamel 'n kring vog om hom. Ons gaan slaap en dit is steeds windstil ...
Halo Julle!
ReplyDeleteIs die dokkafee nie te pragtig nie! Sterkte met die wind wat nog moet kom. Met Gus wat so onheilspellend stil is, is dit seker die stilte voor die storm...
Liefde Elizexxxx
Hi.
ReplyDeleteJa, jy moet jou sit ken in daai dokkafee, anders stort jy na benede...