20 Mei 2014. Dinsdag.
 |
Kalamitsa Baai tot Lakka Baai |
Vandag is ek 'n vrou van min woorde. Ons het aan die weste kant van Antipaxoi en Paxoi omgevaar. Dis ru en bekend vir die dramatiese kuslyn
en die talle grotte. Dis asof die see en wind met al hul krag deur die eeue probeer het om die berg op te vreet, maar dit net plek-plek kon regkry.
Al wat kortgekom het, was sonskyn om die water blouer en die rotse gouer te kleur.
 |
Noordelike punt van Antipaxoi |
 |
Wind en see erosie |
 |
Ortholithos Grot |
 |
Ortholithos Rots |
 |
Blougrot 1 |
 |
Blougrot 2 |
 |
A. Pounta Tonnel |
 |
Reuse kranse oppad na Lakka |
Ons gaan om die punt en daar is pragtige Lakka Baai, ons ankerplek. Ons klim later in splinternuwe Dinkie en ry in grasie dorp toe en word toe in
die bakkery verlei om burek te koop vir aandete.
 |
Lakka Dorp
|
 |
Lakka Baai (Nuwe hoed) |
 |
Lekka burek en witwyn |
Ons weet nog nie waarheen ons môre gaan nie.
Hi Julle
ReplyDeleteDit bly darm indrukwekkend...en as julle nie weet wat more gaan gebeur nie is Arch beslis nou op verlof!
Lekker kuier
Gerrie
Hi.
DeleteDie westekant van Paxoi is baie mooi. Ou Arch is mos op pensioen!
Halo julle twee!
ReplyDeleteDis ekstra lekker om te vaar as die kuslyn so mooi is. Die goue rotse met die grotte en tonnel is baie mooi. Lyk my die water is altyd so blousel blou by die grotte. Pragtig! Lakka baai met sy verskillende kleure blou water met die seiljagte daar vasgemeer is n baie mooi prentjie.
Pragtige nuwe hoed!
Archie maak mens sommer nou lus vir n pepper steak pie. Ek weet nou nie juis wat n burek is nie, maar n pastei sal doen.
Lekker smul aan julle burek en witwyn!
Liefde
Exxxx
Hi.
DeleteDie grotte is baie mooi, ons sou net meer son wou hê. Dis hoed nr. 3. Jy gaan ook sulke pasteie eet as julle kom.
Sjoe die rotsformasies is prentjie mooi.So al asof n mens n James Bond film daar kan skiet.Die burek lyk lekker so saam met die koel lafenis vir die dors.Geniet julle!!!Esther
ReplyDeleteHi Esther.
DeleteDie kuslyn was iets besonders. Ek sal vir jou burek maak as jy weer na skool by my kom eet! Geniet jou naweek.