"Ons vir jou, Suid-Afrika" |
Ons staan op. Vandag is dit hoe ek nié daarvan hou nie, die wind waai en die see is rof. Ons foon is stukkend en ons gaan vir 'n paar dae anker. Dis belangrik om die weer- en windvoorspellings op internet te kry, ons móét 'n foon koop.
Daar is geen selfoonwinkel in Kyllini nie en ons moet 'n bus neem na Lehema. Ons mis die 09:30 met sekondes, ons sien hoe hy wegry. Ons wag vir die volgende bus wat 12:15 vertrek. Intussen stem almal wat mag in Suid-Afrika laat dit bars.
Die busrit duur omtrent twintig minute, toe is ons daar, voor die Vodafone winkel. Daar is 'n foon soos Archie s'n, maar dit moet bestel word. Dit sal drie dae neem. Ons loop na die volgende selfoonwinkel, "Wind". Geen foon wat ons wil hê nie. Gaan na die derde winkel toe, Germanos. Daar is toe jou waarlik 'n foon. Ons huiwer nie, ons koop.
Ons gaan vinnig terug Vodafone winkel toe, want hy maak 14:00 toe en die vrou moet ons help om ons Vodafone databondel te installeer. Dit gaan sukkel-sukkel en sy roep klientedienste se hulp in. Hulle sal terugskakel. Dis later al 14:00, sy moet toemaak en bank toe, maar ons wag vir klientedienste se oproep. Sy los ons in die winkel en hardloop gou bank toe. Ons is nou wel Suid-Afrikaners, maar ons is nie lus om iets te steel nie. Sy is sommer gou terug. Die dienste mense bel en na vreemde tale, die gedruk van talle knoppies en baie vrae en antwoorde is ons geholpe en kom op die 15:20 bus terug huis toe, gewapen met nuwe foon en internet.
Ons voel deesdae soos hekkiesatlete op 'n hindernisbaan. Ons moet soos springhase oor al die hindernisse spring. Ons is moeg gespring.
Maja by Kyllini se kaai |
Hi
ReplyDeleteΗΕΤ ΔΙΕ ΞΕΛΦΟΟΝ ΙΝ ΔΙΕ ΩΑΤΕΡ ΓΕϜΑΛ ΤΟΕ ΔΙΕ ΣΑΝΔΒΑΝΚ ΓΕΤΡΕΦ ΙΣ.
Gelukkig volg julle nie straatname as julle vaar nie. Ek oefen solank vir Athene...maar grieks is nie verniet grieks nie!?
ΛΕΚΚΕΡ ΔΑΓ ΕΝ ΛΕΚΚΕΡ ΣΕΙΛ
Gerrie
Hallo Julle!
ReplyDeleteAi, ek kan glo julle is al moeg gespring! Eers die papierwerk gesukkel by Patra, wat n groot frustrasie moes wees, toe die stranding, wat skrikwekkend was, en toe die foon en die moeite om weer een te kry en aan die gang te kry. Ek hoop en vertrou van nou af gaan alles glad verloop.
Die foto van Maja op die kaai is baie mooi!
Liefde
Elize xxxx