![]() |
Gialiskari Baai tot St Stefano Baai |
Gister was dit somer. Vandag skyn die son nie.
Ons gaan later vandag net om die draai na St Stefano Baai (39° 45.982 N, 19° 56.957 O), 'n hele 2.4 myl. Ons is eintlik net besig om die tyd af te wag vir Leon en Dirk om ons Dinsdag in Corfu te ontmoet. Ons "kill time" soos Archie altyd sê. Ons het vandag geen haas nie.
Eers neem ons Dinkie en ons gaan op 'n geheime sending wat later openbaar gemaak sal word. Toe ons terug is, besluit ons om die vloerplanke op te lig om skoon te maak. Wat 'n verrassing wag daar toe nie vir ons nie. Dis vol water! Die kombuis se "bilge" en ook onder die trappe. Dit het op 'n stadium ingereën, dis miskien waar al die water vandaan kom. Ons maak skoon en droog. Die planke word afgevee, die "bilges" word uitgewas.
Skoon en droog |
Leon en Dirk hoef nou nie vir sinking te vrees nie, sy is droog. Daar is ook geen muise of enige kruipende insekte op Maja nie. Na die skoonmaakaksie, is ons veeslik tevrede met onsself. Dis verbasend hoe sindelikheid jou met genoegdoening kan vervul.
Ons vertrek 13:30 en vaar rustig, verby Kalami Baai waar ek en Archie 'n villa wil koop.
Hier wil ons 'n villa koop |
Na 'n halfuur is ons daar, soek 'n geskikte plek in die baai en gooi anker. Verlede jaar hierdie tyd was ek met elke ankergooi en vasmeersessie 'n senuweewrak. Hierdie jaar is dit so anders. Laerskool Risiville, waar ek skoolgegaan het, se leuse is: "Kennis is krag". Dis wraggies die waarheid.
Die seiljagte kom een vir een grasieus, soos kameelperde ingevaar, soek 'n plekkie, gooi anker en ontspan.
St. Stefano Baai |
Al die jagte draai in harmonie met mekaar in die riging waar Gus hulle wil laat rus vir die aand.
...Kalami klink goed...
ReplyDelete'n Mens moet seker bekommerd raak as die water onder die planke sout begin proe!
...en ou Dinki lyk heel seewaardig?!
Hi.
DeleteAg wat , ons sal nie regtig 'n villa koop nie. Gelukkig was dit nie seewater nie!
Halo Julle!
ReplyDeleteGeheime sending! Nou is ek BAIE nuuskierig! Julle moet net onthou om dit later openbaar te maak.
Ja, die ligging vd villa lyk goed, ek dink julle sal lekker bly daar en ons lekker kom kuier...
Dit maak nogal n verskil as mens presies weet wat jy moet doen met die ge-anker en vasmeer.
Geniet die laaste tyd voor julle gaste kom. Julle sien seker baie uit,
Liefde
E xxxx
Hi. Geheime sending het iets met ons gaste te doen. Villa net 'n droom.
ReplyDelete