Thursday, May 29, 2014

Corfu. Corfu loop deur.

28 Mei 2014. Woensdag.

Leon drink tee, Dirk flou koffie en ek en Archie kapteinskoffie. Die kaptein moet kophou met elke bemanningslid se bestelling.

En toe tref ons die dorp. Hulle is dadelik verlief op Corfu. Dirk neem amper meer foto's as Elize. Dis kliek-kliek hier en kliek-kliek daar. As ons net draai, word ons gekliek. Dis foto's van ons wat stap, van ons wat rondkyk, van ons wat poseer, van ons wat ...

Ou Fort toneel
Oppad dorp toe
By die Ou Fort se uitgang
Liston lampe
Archie voor nuwe fort
Ou Paleisboog

Ek wens later sy batterye word pap dat ons kan ontspan, want ons pense moet op 'n permanente basis ingetrek wees, want ons kan enige oomblik gekliek word.

Museum van Asiatiese Kuns
Bizantyse Kerk

Ons loop die dorp plat, eet 'n gyros by 'n straatkafee en loop die dorp nog platter. My beseerde knië roep later halt, maar die manne stap met hulle lang bene en groot pote en ek moet maar byhou.

Etenstyd

Maja se dek lyk baie verleidelik en ons laat ons uitguputte liggame rus. Die atmosfeer van Mandraki is ouwêrelds, die omgewings is besonders mooi, die see is blou en die manne dink hulle is in die paradys.

Die manne en Mandraki


6 comments:

  1. Kan die manne nie maar elkeen een van daardie vier hoede dra nie?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi. Ek sal dat die manne elkeen 'n hoed dra en die foto vir jou stuur.

      Delete
    2. Sien uit! Sjoe, maar julle het pret. Watter manier om die lewe te gryp!

      Delete
    3. Hi.
      Jy kan dit weer sê, ons het pret.

      Delete
  2. Hallo julle almal!

    Ai dit lyk of julle en die manne dit baie geniet! Die fotos is baie mooi en dis lekker om julle almal op die fotos te sien. Corfu is n interessante en lekker plek met baie om te sien.

    Geniet die dorp en ook julle eerste seilvaart saam.
    Liefde
    Elize xxxx

    ReplyDelete