3 Oktober 2013. Donderdag.
Ses maande, drie seisoene.
Ses maande, drie seisoene.
Sewe lande - Frankryk, Kroasië, Montenegro, Albanië, Griekeland, Italië en Slovenië.
Vliegtuig, trein, bus, motor, veerboot, voete en natuurlik 1758 seemyl met Maja.
Die koue weer is besig om ons in te haal en ons moet vlug
voordat die Europese herfs ons warm seilersharte verkil. Dis tyd om huis toe te
gaan.
Die tyd het letterlik gevlieg. Eers Frankryk. En toe die seil. Van
daardie eerste nag op Pivorac, waar ek nie gedink het ek oorleef die nag nie,
wat nog te sê vyf maande van seil, tot nou.
Daar het baie water in die see geloop. My woorde is op, my
gemoed is vol. Wat 'n wavrag vol ondervindings, ervarings en herinneringe.
Ek, die Seilende Sigeuner en my kaptein, Archie, groet tot 1 Mei
2014, wanneer ons die tweede seisoen van seil gaan aandurf.
Totsiens |
Wie weet wat alles voorlê ...
Published with Blogger-droid v2.0.10
Marietjie en Archie
ReplyDeleteSjoe... julle het n leeftyd se ervaringe in 6 maande beleef!
Mag julle volgende reis net so wonderlik wees!
Liefde
Elize xx
...en so kom alles tot 'n ent...vir eers...
ReplyDeleteDit was baie besonders om deel te wees van hierdie ervaring, al is dit van die kantlyn (ek werk aan die alternatief).
Kan nie wag om al die stories, fotos, ens. te beleef nie.
Sien julle Saterdag op ORT
Gerrie
Ek wag nou dat 1 Mei aanbreek sodat ek weer die hele sprokie kan volg! Die tyd loop vining uit, bepalnning gedoen..., klaar pak..., en weg is julle!
ReplyDelete