Thursday, October 3, 2013

Dag 158, 159. Ljubljana

2 Oktober 2013. Woensdag.


Ek sit vir oulaas op die balkon en hoop die wolke lig, sodat ek die hoë berge van Slovenië, rondom Bled kan sien. Maar tevergeefs, die wolkkombers is te dik. Ek sal eendag hierheen moet terugkom as die weer beter is. Hier is nog so baie om te sien en doen.

Ons klim die bus en daar trek ons na Ljubljana. Ons gaan tuis in Hostel Tresor, 'n jeughostel, wat eers 'n bank was. Ons pak ons goed in die kamer en gaan dadelik strate toe, terwyl die weer dit toelaat. 

Strate toe!



Ons loop heuwel-op kasteel toe. Dié kasteel is 'n argitektoniese mengelmoes. Die mure kom uit die 16de eeu. Die kapel dateer uit die laat 15de eeu. Dan is daar nog 'n 1970 konkreet-kafee en 'n 19de eeuse wagtoring. Iets uit elke eeu!

Ljubljana Kasteel bo-op die heuwel
Ljubljana Kasteel
Oudorp vanaf kasteel




3 Oktober 2013. Donderdag.


My pa verjaar vandag, 84 jaar oud! Baie geluk Pa.

Dis 'n mooi dorp hierdie, 'n soort van klein Parys. Dis net die weer wat winter word. Net na ontbyt is ons uit om die res van die oudorp te verken. Ons kyk na al die mooi, ou geboue. Die salmpienk kerk van St Francis domineer die hoofplein van die dorp.

Hoofplein met Trippel Brug en Kerk van St Francis
Union Hotel
 Bewaker van die Draakbrug
Universiteit van Ljubljana
Geboue langs die Ljubljanarivier
Kongresni Plein met Kerk van die Heilige Drie-eenheid
Trippelbrug
Studie van hoeke



Die koue klou aan ons wange, maar ons kyk ons kyk vir oulaas, want môre gaan ons huis toe.

Published with Blogger-droid v2.0.10

1 comment:

  1. Haai julle!

    Bled klink na n dorp waar mens nogal lank kan bly. Kan verstaan dat julle wil teruggaan daarnatoe..

    Maar is Ljubljana nie pragtig nie! Die ou dorpe en kastele is maar my hart se punt.

    Oe, Pragtig, die foto van die hoofplein! En jys reg, dit laat mens aan Parys dink. Beautiful! Die een foto wil mooier wees as die ander. En sowaar n Venesie bruggie ook! Een van die mooiste dorpe van julle reis!

    Nog n hoogtepunt vir julle. Julle sluit julle reis oor en oor op hoogtepunte af!

    Ek wens julle n voorspoedige reis terug. Sien uit daarna om julle weer in lewende lywe te sien en al die fotos te sien en al die stories te hoor.

    Liefde
    Elize
    xxx

    ReplyDelete