Friday, September 13, 2013

Wolkwoud. Dag 139.

13 September 2013. Vrydag.

O. Andreou tot O. Oxeias


Ons seildae raak min. Vandag is ons tweede laaste dag op die water. Ons is oppad na O. Oxeias (38º 20.150 N, 21º07.105 O). Dis 'n lang dag, 24 myl om te gaan.

Wolkwoud
Lug lyk soos woud
woud vol wolke.
Winde waai
wolke wyd en syd
.

Wolke
Katoen
Sekelwolk




Dit reën elders, want die wolkwoud verras ons met 'n reënboog. Oral is wolke. Sommige lyk soos wol, ander soos katoen. Party is spierwit, ander dreigend grys.

Dit reën elders



In dié omgewing is nie baie ankerplekke nie. Ons nader een van die ankerplekke. En wat sien ons daar? Die ankerplek het verander in 'n visplaas! So, anker is buite die kwessie. Die volgende ankerplek is ook 'n ... visplaas! Nou is daar net een plek oor en dit is so half in die middel van niks en nêrens. Die boek sê darem dit bied genoeg skuiling. En ons anker.

Oxeia Eiland
Ankerplek is nou visplaas
Uitsig van ankerplek




Die lug is nog steeds 'n wolkwoud. Ek hoop nou net nie hier broei iets hier uit nie. Gus waai ons die kant toe en dan daai kant toe. Ons het baie ankerketting uit, so ons is gepanser teen Gus.

Dramatiese aandtoneel



Ek is nie lus vir nagwaak nie.


Published with Blogger-droid v2.0.10

1 comment:

  1. Hi! Sjoe, ek kan nie glo julle seilvakansie is so te se verby nie.

    Die wolke is pragtig, veral met die stukkie reenboog en die aandtoneel is pragtig so met die wit en silver en blou kleure. Dis interessant van die baaie wat in visplase omskep word. Laat my dink aan die woude wat moet plekmaak vir landerye.

    Ek hoop jy hoef nie te waak vannag nie en dat jy lekker kan slaap.

    Geniet julle laaste seildag more!

    Liefde
    Elizexx

    ReplyDelete