11September 2013. Woensdag.
Frikes tot Fiskardo |
Ons trek ons anker op, sonder probleme.
Ons bly by die F's. As dit nie Frikes is nie, is dit Fiskardo. Dis waarheen ons vandag gaan (38º 27.672 N, 20º 34.552 O), 9 myl. Dit is op Cephalonia Eiland.
Fiskardo is 'n gewilde stopplek vir jagte. Jy kry nie altyd daar plek nie, so ons hoop maar vir die beste. Ons span nie seile nie, want Gus lê. Hy is seker nog op Frikes doenig. Besig met manewales in die kaai.
Ons nader Fiskardo |
Ons nader Fiskardo en dit lyk propvol. Voor ons is 'n jag, so ons is tweede in lyn vir 'n plek. Ons luier daar rond en die jag voor ons kry 'n plek. Ons luier nog rond en sowaar, 'n ander jag vertrek en ons het 'n plek. Wat 'n geluk! Archie tru, ek gooi anker, 'n man wat nie kan buk nie, help op die kaai en ons is vasgemeer.
Propvol kaai |
Uitsig op die dorp |
Wat 'n heerlike plek is Fiskardo nie. Ons is op die dorpskaai en die atmosfeer is goed. Ons gaan natuurlik dorp toe. Ons gesels met die bure weerskante van ons. Veral die Engelse is skreeusnaaks. Dis nou die man sonder 'n oog wat nie kan buk nie en sy vrou. Ons lag so, dat die mense in die cafés oorkant ons, ons aankyk.
Kleurvol |
Nog kleur |
So sleg soos wat dit in Frikes was, so lekker is dit in Fiskardo.
Ek lief Griekeland!
Published with Blogger-droid v2.0.10
Halo julle! Eks bly julle het sonder moeite uit Frikes kon uitvaar. Die mense in Griekeland is behulpsaam, hy kan nie buk nie en net halfpad sien, maar hy help steeds. Is dit net die bootmense of is die gewone Griek ook behulpsaam?
ReplyDeleteEk sien op die fotos van die hortjiesvensters is blou met wit rame. Die blommeprag is baie mooi en so ewe adverteer die bord daar is kamers te huur MET warm storte.
Dit lyk my Griekeland steel jou hart...
Liefde
Elizexx