9 September 2013. Maandag.
O. Kalopoulou tot Syvota |
Vanaf Meganisi Eiland gaan ons weer na Lefkas Eiland. Ons vaar om die punt van Meganisi deur 'n smal strook see wat Meganisi van Kythros Eiland skei. Die weste kuslyn van Meganisi is pragtig, imposerend, ru en rof.
Tussen Meganisi en Kythros Eiland |
Pragtig ... |
... imposerend ... |
Aan die westekant van Meganisi is 'n paar grotte. Sommige is klein, maar die grootste een is Papanikolis. Daar word beweer dat die duikboot, Papanikolis, hier versteek is, na aggressiewe patrollies gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Die oggendlig is nie goed vir die grotte nie en ek is seker dit sal baie mooier in die middag lyk.
Papanikolisgrot |
Papanikolisgrot |
Ons seil na Syvota (38º 37.320 N, 20º 41.073 O), 12 myl verder op Lefkas Eiland. Ons kom in die baai aan en soek plek. Party plekke is "foul ground", want daar is ou kettings en blokke onder die water wat jy nie kan sien nie. As jy daar anker gooi, kan jou anker aan dit vashaak, dan is dit nag met die wegtrek.
Ons gooi toe maar so knyp-boud-versigtig anker en hoop vir die beste. Soos 'n Italianer toe vir ons sê: "Your anchor is already there, you can worry about it tomorrow morning". Toe worry ek nie meer nie en gaan dorp toe. Die dorp bestaan uit tavernas en "mini markets". Ons koop suikersoet druiwe en nog 'n paar goedjies.
Ons sit langbeen op die dorpskaai, drink iets koel, kyk na die mense, sê vir mekaar hoe lekker is dit om hier te wees.
Ons geniet nog 'n soel laatsomersaand in die mooie Griekekand.
Published with Blogger-droid v2.0.10
Haai julle twee langbeensitters! Ai, is dit nou nie heerlik om langbeen te sit en al die mense dop te hou nie! Dit klink of julle nogal baie town key vasmeer doen.
ReplyDeleteDie kuslyn is baie besonders en jy beskryf dit mooi met woorde en fotos. Veral die ru foto is baie mooi.
Ek vertrou julle anker het reg geval. Die Italianer het n punt beet en ek is bly jyt vir hom geluister.As jy nou heeltyd geworry het, kon jy nie die dorp en langbeensit en mense en alles ten volle geniet het nie.
Geniet die soel laatsomersaand
Liefde
Elizexx
... lyk my die hele ding groei nou erntig op julle. Kom julle darm vir 'n 6 maande vakansie na Suid Afrika toe die jaar?!
ReplyDeleteGeniet!
Gerrie