Monday, September 9, 2013

Alweer anker. Dag 134.

8 September 2013. Sondag.

O. Elia tot O. Kalopoulou


Vandag is weer 'n ankerdag, net om die draai by O. Svourna, 'n baai wat deur die Aussies aanbeveel is. Hulle moes twee keer probeer voordat hulle anker gebyt het, maar ons is vol ywer na al ons oefening die vorige dag.

Ons kom daar aan en gooi twee keer anker sonder sukses.

Intussen het 'n boot, wat net langsaan in 'n kleiner baaitjie geanker het, weggevaar en ons mik daarheen. Maar teen die tyd is my geduld op met klein baaitjies en ek weier om te gooi! Ons vaar terug na O. Kalopoulou (38° 38.807 N, 20° 45.997 O).

Oppad na Kalopoulou
O. Kalapoulou (ons was in die verste hoekie van die baai, die res was te diep)



Dis weer 'n klein baaitjie, maar ons kry die enigste sandkol tussen al die seegras en gooi dit raak. Die anker byt en ons tru versigtig in tot amper op die rotse. Archie swem uit met twee toue en maak ons aan die rotse aan weerskante vas. Toe voel ons veilig en tevrede. Ons vul letterlik die hele baai, 20m van die kante en 20m van agter. Dis snoesig naby!

Kos is op die tafel!


Ek voer elke dag die visse in die baai met Fanie se graanvlokkies en ou brood. 

1 comment:

  1. Halo! Julle klink so lekker snoesig so tussen die rotse. En julle is goed vasgemaak met toue so julle kan net lekker ontspan en die baai geniet. Die water is glashelder en so n pragtige kleur. Ek hoop as jy die visse so met Fanie se graanvlokkies voer dan verlang jy darem na ons.

    Geniet julle dag
    liefde
    Elizexx

    ReplyDelete