Ons vat die vroeë trein, 05:25, na Ljubljana en vandaar die 09:15 trein na Lesce-Bled. Ons stap 4 km na die dorpie Bled, waar 'n emerald-groen meer is (dis nou as die son besluit om te verskyn).
Ons kom by die dorpie aan en spoor Vila Gorenska, waar ons tuisgaan, baie maklik op. Ons kamer het 'n balkon en die uitsig is om van te sing. Nie sing soos in seil nie, sing soos in onbeskryflik mooi! Dis 'n mistige, magiese meer wat jou hart steel, 'n stuk hemel op aarde.
Uitsig oor Bledkasteel vanaf ons balkon |
Bled is prentjie-poskaart mooi. Die ou kasteel klou vas aan 'n hoë krans, daar is 'n kerkie op 'n klein traanvormige eilandjie en van Slovenië se hoogste bergpieke in die agtergrond. As die son net wil skyn!
"Church of the Assumption" op eiland |
Kerk van St Martin |
Die stap langs die meer is verkwikkend en die weer hou. Daar is geen sprake van sonskyn nie, maar dit reën darem nie. Die bome fluister dis herfs in hulle blare, wat kleurvol en stadig op die grond gaan rus.
Ons voltooi ons 6 km sirkel om die meer van Bled. Dit word al hoe kouer en grouer en ons soek die warmte van ons kamer op.
![]() |
Bledmeer met staproete |
'n Wegneem pizza klink na die regte medisyne en ek gaan gou na Gallus en kry 'n geurige warm pizza.
Archie is bietjie verkouerig.
29 September 2013. Sondag.
Die hemel het oopgegaan en die wolke se trane stort na benede. Gaan dit ooit weer ophou reën?
Die hemel het oopgegaan en die wolke se trane stort na benede. Gaan dit ooit weer ophou reën?
Published with Blogger-droid v2.0.10
Halo Julle!
ReplyDeleteJammer om te hoor van Archie se verkouerigheid. Hoop dit word nie erger nie.
Wat n lieflike dorp! Wat n uitsig vanaf julle balkon! Die kastele so bo op die rotse laat my altyd in verwondering, so ook die kerke op die klein eilandjies.
So ewe gondolas, laat mens aan Venesie dink. Die herfsbome is prentjiemooi.
Hoop dit reen nou goed dat dit more n reenlose dag sal wees.
Geniet die pragtige dorpies wat julle nog gaan besoek.
Liefde
Elizexx