26 Augustus 2013. Maandag.
My eerste kennismaking met Griekeland, was baie besonders - Corfu. Vandag groet ons vir Corfu, na drie dae. Ons gaan suid. Ons vertrek laat, so 12:30. Ons het die oggend eers seëls, lugtyd en proviand gekoop. Vandag seil ons na Petriti (39º27.118 N, 20º00.313 O), 13 myl. Waar is die dae wat ons 60 myl op een dag moes doen?
Gus lyk goed en ons span die seile. Ons seil rustig vir die grootste deel van die vaart.
Oggendskoot - Oppad |
Ons nader Petriti, wat in die Lefkimmis Baai geleë is. Ons gooi anker, saam met tien ander bote. Dis 'n groot baai, niks besonders nie, behalwe vir 'n snaakse "shack" op die Vlacherna Rotse en 'n seiljag wat gestrand lê. Wonder wat het hier gebeur? Vir ons is dit net 'n slaapplek vir die nag.
Petriti |
Gestrand? |
Vlacherna Rotse met "shack" |
Ek swem weer, vir die eerste keer sedert die baai van Kotor. Die water is lou en ons koel nie af nie. Toe ons uitklim, waai Gus liggies oor ons lywe en die koeligheid spoel oor ons.
Ons word aan die slaap gesus deur 'n ligte wiegelied, uitgevoer deur Maja en haar orkes, gekomponeer deur die Ioniese See en onder ligte begeleiding van dowwe maanlig.
Published with Blogger-droid v2.0.10
Halo Julle! Wat n interessante plek! n Shack, seilboot wat gestrand le. Wonder of dit Gus se werk was? D geboue van die dorp op die eerste foto is baie mooi, so anders as die dorpe waaraan ons gewoond geraak het op die blog toe julle nog in Kroasie was. Maar dis baie mooi. Aa, lekker om weer in die see te swem.
ReplyDeleteLiefde
Elizexx