Sunday, August 25, 2013

Palaiokastritsa. Dag 120

25 Augustus 2013. Saterdag.



Die Nuwe Fort oppad na busstasie



Vandag klim ons die bus na die dorp met die lang naam, Palaiokastritsa, wat op die weskus van Corfu Eiland lê. Die landskap waar deur ons ry en die kuslyn, is besonder mooi.

Palaiokastritsa



Dis 'n baie mooi vakansiedorp met 'n klomp sandstrande. Dis 'n plek vol pret en plesier. Die bruin lywe lê en braai nog bruiner. Hulle swem en baljaar in die blou water.

Nog 'n strandjie
Ankerplek vir boot en "volksie"



Ons gaan eet middagete by Taverna Stamna waar 'n baie vriendelike man ons bedien. Ons kry groot borde kos en die prys is nie te sleg nie. 

Vark gyro, tsatsiki, pita, tjips en slaai (Myne)
Dieselfde kos as myne - net opgerol in die pita (Archie s'n)
Lekker eet



Ons geniet die vakansiestemming tot 16:45 toe ons die bus na Corfu terugneem.


Published with Blogger-droid v2.0.10

1 comment:

  1. Halo Julle! Dit klink of julle alles geniet. Die strandjies lyk so lekker, dink mens swem baie lekker daar. Watse volksie is daar in die water? Julle middagete is sulke lekker groot boereporsies, Fanie sou gesmul het. Die foto van Arch en die vriendelike kelner is mooi, die atmosfeer lyk so lekker vriendelik

    Enjou
    Liefde
    Elizexx

    ReplyDelete