Sunday, August 25, 2013

Ons eie fort. Dag119

24 Augustus 2013. Saterdag.



Ons bly nog 'n dag in Corfu, die mooi ou stad. 

Die ou "Royal Palace"  is nou  die museum van Asiatiese Kuns
Wasdag
In die ou dorp



Die ou Fort is vir my die hoogtepunt, want dis mos waar ons bly. Oorspronklik was díé deel 'n skiereiland, maar die verbinding is verwyder om 'n grag te vorm en nou is die fort eintlik op 'n eiland.

Brug na ingang oor grag
Kerktoring in ou fort



Dis gebou deur Venisiërs in 1546. Meeste van die fortifikasies binne die fort, is deur die Britte vernietig en vervang met hulle eie strukture, soos die kerk van St George.

St George Kerk
Ligtoring is ook geleë in ou fort



Die ou fort is groot en daar is nou gange en trappe en mure. Dis net ongelooflik hoe slim die ou fort gebou was. Dit alles net om hulle stede teen invalle te beskerm.

Mure van ou fort
Een van die baie ingange
Mandraki hawe van ou fort se mure gesien



Geluk met jou verjaarsdag, Gerrit.

Gangetjie vir Gerrit

Published with Blogger-droid v2.0.10

2 comments:

  1. Halo! Ek kan maar net se Sjoe dis so interessant! Die fort is net ongelooflik! Dankie vir die brokkies geskiedenis oor die fort. Liefde Elizexxxx

    ReplyDelete
  2. Wat in interessante plek! Dis Griekeland,Asiatiese kuns, Venisiers, Britte. Die ou dorp is pragtig!
    xxxElize

    ReplyDelete