Tuesday, August 13, 2013

Bar. Dag 108

13 Augustus 2013. Dinsdag.

Budva tot Bar


Budva in die oggend is absoluut anders as in die aand. Budva slaap nog vas. Ons vertrek 08:30 na Bar (42º 05.912 N, 19º 05. 200 O), 18 myl.

Bekoorlike Budva


Die kuslyn is mooi en ru. Die see skommel, al lyk hy plat. Gus waai liggies van voor en ons motor heeltyd.

Oggendskoot - Blouskakerings
Oggendskoot - Boomeiland


Ons gaan kyk hoe Sveti Stefan Eiland lyk. Ons vaar maar met ons kleine Maja daar verby. Sveti Stefan is in die 15 de eeu gebou, na 'n suksesvolle aanval op 'n seerowerskip, wat geanker was in Uvala Jar, naby Budva. Die Pastrovic familie het 'n kerk en huise op die eiland gebou, met 'n muur om die dorp te beskerm teen seerowers. In 1952 is al die inwoners van die eiland verwyder, sodat die dorp verander kon word in 'n luukse hotel.

Sveti Stefan
Berge
Eiland hotel


Ons vaar rustig langs die berge en kom 13:00 by Bar aan.

Berge, kranse en see


Bar is 'n hawedorp met min besieningswaardighede en is ook 'n doane-hawe waar ons uitklok om na Albanië te gaan. Ons is eintlik oppad na Griekeland, maar moet deur Albanië om daar te kom. Ons gaan miskien deur die nag vaar na Durrës, waar ons deur die doeane moet gaan. Dit is 'n lang rit, sowat 50 myl (12 ure).
.
Ons is nogal benoud oor die nagseil. Dis 'n eerste vir ons. Ons gaan seker vir die volgende week nie internet hê nie.

Published with Blogger-droid v2.0.10

1 comment:

  1. Hallo julle! Julle fotos is alweer asemrowend! veral die skakerings van blou. En die plekkies wat so op die klein eilandjies gebou word is altyd vir my so pragtig. Die kerktoring van Budva foto laat my dink aan Torgir se kerktoring. Julle moet veilig vaar so in die nag, ek sal aan julle dink. En onbekend is onbemind, maar as julle eers in Albanie kom en daar begin seil, gaan die plek julle harte steel net soos al die vorige plekke.

    Mag julle n voorspoedige vaart he! En eks bly julle se van die internet, dan raak mens nie so bekommerd nie.

    Liefde
    Elizexx

    ReplyDelete