Wednesday, April 17, 2013

Ry, ry, ry

Vandag moet ons Roussillon toe. Ons het in 'n gastehuis bespreek vir vier nagte.
Ons pak die wapad aan. Archie agter die stuur (hy weet darem al waar links en regs is) en ek met die GPS vasgeklem in my hande.

Ons eerste ontspan-stopplek is Lurs.  Ek sê "ontspan-stopplek", want die gery in die verkeer op die smal paaie is eintlik vir 'n pensionaris en sy werklose vrou baie stresvol. Ons ontspan net as ons stop.
Lurs is 'n historiese monument. Dis is 'n baie ou dorp, soos die res van die dorpe in Provence.

Lurs


Van Lurs af, is dit Sisterton, met sy interessante rotsformasies. Ons maak 'n draai by die Citadel. Dit is soos 'n fort. 'n Stad met mure om wat Napoleon van ouds verower het.

Mure van die Citadel

Sisteron se rotsformasies


Ons laaste stopplek is Forcalquier. Alweer trappies-trappies op, tot bo!

Trappies, trappies ..
... na die kapel bo-op die koppie agter die dorp ....
.... met sy uitsig oor Provence

Roosvenster in Folcalquier se abdy (eglise)

Roosvenster se kaleideskoop van kleure op kolom



Vandaar na ons nuwe heenkome, Les Huguets, naby Roussillon. Wat 'n aangename verrassing na die lang dag op die pad! Die gastehuis, Les Passiflores, is soos 'n oase in die woestyn. Baie gawe gasheer, en 'n nòg gawer kamer, keurig gedekoreer en boonop ruim.

Vanaand gaan ons daai mooi bed seermaak!


1 comment:

  1. Hi Julle

    Ek en Ansu sit nou lekker en kyk wat julle alles aangevang het sover. Dit lyk woes lekker en pragtig. Ansu wens sy was daar om dit saam met julle te beleef. WOW! Nou ja, lekker slaap, praat weer.

    Gerrie en Ansu

    ReplyDelete