Sunday, April 14, 2013

Monaco

Ons het vandag met die bus Monaco toe gegaan. Die bus was stampvol. Ons het by die Monte Carlo Casino afgeklim. Dis is pragtige gebou met 'n baie mooi tuin. Oral was swart motors. Dit lyk my ryk mense ry swart motors. Dis net die Ferrari's wat 'n ander kleur is, meestal rooi. Maar dit was die pienk Fiat 500 met die afgesaagde  kappie  wat die meeste aandag getrek het.

Monte Carlo Casino
Monte Carlo Casino
Monaco met sy megajag marina
Monaco is eintlik 'n "concrete jungle"

Ons het 11.55 gaan kyk hoe ruil die paleiswagte hul skof om en was in die katedraal waar die koninklikes trou.
Die see is pragtig en daar is baie mooi en groot jagte. Ou Arch kan maar net daarvan droom. Ons het langs die hawe geëet. Ons het baie in Monaco gestap en gekyk na die speelplek van die rykes.

Archie kan net droom ....

Ons is terug Nice toe en het 'n ander bus gevat na Eze Village. Dis 'n middeleeuse dorpie op 'n heuwel.
Hierdie keer is dit net ons twee op die hele bus.

Eze Village
Eze Village

Eze blomme vir my Ma



2 comments:

  1. Dankie vir die foto's. Een van die dae is ek ook in Nice and Monaco. Enige wenke, want ek gaan die dag op my eie deurbring. Deidre

    ReplyDelete
  2. Hi
    Neem die 100 bus na Monaco baie vroeg die oggend. Jy sal moet rondvra van waar dit vertrek want daar is konstruksiewerk aan die gang. Ons het vertrek vanaf Garibaldiplein.
    Kry 'n sitplek op die regte kant lanks 'n venster indien moontlik.
    Daar is pragtige uitsigte oor die see. Klim af by stop Casino.
    Bewonder die geboue, tuine en motors en stap om die casino na die see se kant vir 'n uitkyk of die hawe en die paleis op die heuwel.
    Stap af om die hawe en klim na die paleis. Afhangend van jou tydberekening besoek die tuine en die akwarium maar sorg dat jy 11h55 die ruiling van die wagte kan sien.
    Stap weer af hawe toe en eet 'n laat middagete van jou retaurant van keuse.
    Neem die bus 100 terug na Nice.
    By dieselfde busstop as in die oggend
    neem die bus na Eze Village. Dink dit is die 82 bus. Dit ry met 'n ander pad.
    Na jou besoek aan Eze ry terug Nice toe en spandeer die res van die aand in Nice se Ou Stad.
    Geniet dit.
    Marieks

    ReplyDelete