25 Mei 2023. Donderdag.
Vandag is ons laaste voldag in Malta en ons besluit om weer Marsaxlokk toe te gaan. Ons was verlede Sondag daar, maar toe het die reën ons huis toe gejaag voordat ons by St Peter's Pool kon uitkom.
Marsaxlokk is beslis my gunsteling plek in Malta. Vandag is dit rustig in Marsaxlokk. Die dorpie is totaal anders sonder die skare wat verlede Sondag op markdag hier was. Die visserbootjies lê nog steeds prentjiemooi in die hawe. Vissermansnette droog kleurvol op die pier uit. Daar is wel enkele stalletjies, maar nie naastenby so baie soos verlede Sondag nie.
 |
Marsaxlokk |
 |
Vissermansnette |
 |
Kleurvol |
 |
Keramiek |
 |
Stalletjie |
 |
Kerkplein |
Ons stap na St Peter's Pool toe. Dis nogal 'n lang stap, maar totaal die moeite werd. Sonneblomme lag vrolik langs die pad. Die poel stel nie terleur nie, dis pragtig. Die see is vandag heeltemal te onstuimig om in die poel te swem. Die see rol in en kasty die rotse. Dit vorm dan pragtige poele en patrone en slaggate.
Ons stap verder en die rotspunte is dramaties. Ai, ons geniet die stap langs die see. Dis stil met min mense. Ons kan die see en lug en die mooi indrink. Ons is mos eintlik ook natuurmense. Ek wil eintlik nie terugloop nie. Wil die mooi eers nog bietjie vashou en koester.
 |
Oppad na die poele |
 |
Slaggate |
 |
St Peter's Pool |
 |
Hi daar |
 |
Krans |
 |
Archie |
 |
St Peter's Pool |
 |
Naby St Peter's Pool |
 |
Rots |
 |
Archie langs rots |
 |
Skerp punte |
 |
Dramaties |
 |
Gat in rots |
 |
Marsaxlokk |
Ons stap terug en eet heerlike pasteie vir middagete. Dis so lekker dat ons sommer nog twee vir aandete ook koop. Ons het ons Marsaxlokk uitstappie vreeslik baie geniet.
As daar 'n plek is waar ek sal kan bly in Malta, is dit Marsaxlokk
Looks like you're really enjoying your trip - have fun! P&MJ
ReplyDeleteThis was one of the highlights of the holiday.
ReplyDeleteBaie mooi..
ReplyDelete