Sunday, May 21, 2023

Drie Stede

20 Mei 2023. Saterdag.

Skielik skyn die son. Dis 15:00 en die dag is nog jonk en  ons maak gereed om die bus te klim na die Drie Stede toe. Alles lyk mooier in die sonlig. Alles voel ligter en vroliker. Mense kruip uit hulle gate uit en gryp die dag met albei hande stewig vas. Ons ook. 

Ons klim by  Birgu, die middelste stad af. Daar is die tipiese Maltese sandsteen geboue. Jy kry toegang tor Birgu deur die groot hoofhek. Daar is kafees en restaurante wat eet en drink voorsien.

Die kerke se torings staan in 'n ry soos skoolkinders voor hul klaskamers. Fort St Angelo is die bewaker van vrede en staan geel-trots langs die blou water. Die bote in die marina dryf heen en weer soos die see inkom en dan weer uitgaan. Onthou, hier was Vrydag (en die dae voor dit) sterk winde in die geweste wat die see omgeklits het. Dis hoekom die veerbote nie vandag vaar nie. Die klein privaat gondelbote vaar wel op die lewendige see.

Hier heers 'n rustige atmosfeer. Families swem. 'n Man sit rustig in die son met sy rug teen die muur. Hy is in 'n ander wêreld wat sy selfoon vir hom skep. Archie tuur oor die water. So nou en dan is daar 'n onverwagse asrtante golf wat die toeriste terg deur hulle skoene nat te maak. Dan lag hulle maar daaroor, want almal is te bly dat die son weer skyn. Ons ook.


Ingang tot Birgu

Strate

Kerktoring

Kerk

Fort St Angelo

Kerktorings in 'n ry

Marina

Marina

Valetta

Valetta

Archie tuur

In sy eie wêreld

Gondel

Familie

Ons besluit om met die gondel-tipe boot terug te vaar na Valetta. Die skipper neem ses van ons veilig terug na Barakke Tuine waar ons die hysbak boontoe neem.

Ons kaptein

Op die gondel

Gondel                     

Hier is baie mooi uitsigte oor die Drie Stede en die marina. Die laatmiddagson skyn loom op die mensekinders neer en almal se gesigte is vol van genoegdoening en vreedsame vreugde.

Drie Stede

Drie Stede

Bruidskar

Bruidskar







No comments:

Post a Comment