4 en 5 Julie 2022. Maandag en Dinsdag.
Bodrum (9.3 myl) se baai is vir ons 'n bekende plek én veilig om daar te anker. Die kasteel staan nog daar as kenmerk van die baai. Dis 'n plek wat op mens groei. Aanvanklik het ek niks van Bodrum gehou nie. Nou is dit 'n hele ander storie. Ons hou van die plek.
 |
Bodrum se kasteel |
 |
Bodrum se kasteel |
Ons gooi anker en vas is ons. Dis heerlik windstil in die baai in die dag, totdat die middagbries begin waai. Net sterk genoeg om mens af te koel. Dis my tipe weer die. Ek voel veilig en geborge. Gus pla ons gladnie. Ons gaan vir twee dae hier anker. Salige salwing vir my windverwaaide siel.
Ons sit op Maja se dek en die atmosfeer kom in die vorm van klank na ons toe aangesweef. Te heerlik. Om na die dorp te kyk ,is soos om fliek te kyk. Oral is daar aksie en lewe. Met hoofspelers wat almal sorgeloos en dolgelukkig lag en gesels.
Ons swem 'n paar keer rondom Maja (ek) en Archie gaan kyk na anker (wat mooi gebyt het).
Die aand vul die desibels die baai. Die Russiese musiek is oorverdowend, maar so mooi. Dan is daar nog al die ander klubs se musiek ook. En dis so wrintiewaar nie eers steurend nie. Inteendeel, ons geniet dit.
Die volgende dag gaan ons land toe. Dit wemel van mense wat rondloop, koop en eet. Dis vir my lekker om weer voet aan wal te sit. Ek hou nou meer eenmaal van droë grond onder my voete.
 |
Oorgroot lamp |
 |
Beroemde Bodrummer |
 |
Beroemde Bodrummer |
 |
Een van talle winkels |
 |
Vrute nagereg |
Ek koop 4 vadoeke vir Marchie's Place. My lewe draai om die koop van vadoeke. Ons koop kosvoorraad en toe is ons reg vir die volgende been van ons reis.
Ek geniet die windstil dae op Bodrum. Dis lafenis vir my siel. Ek is so moeg van wind.
 |
Bote in die baai |
 |
Bodrum Baai |
 |
Bodrum Baai |
We really enjoyed our short stay in Bodrum after we left you in Kos - we found it a magic place! Enjoy your stay there and have a very HAPPY BIRTHDAY Marietjie!!!!!
ReplyDelete