3 tot 5 Mei. Dinsdag tot Donderdag.
"Ai, 'n kaptein se werk is nooit klaar nie," sê Archie met genoegdoening, terwyl hy fluitende al sy take verrig. Al wat ek kan sê is "Welkom op Maja!"
Die dek het nogal groot skade gedurende die twee jaar gekry. Al die rubberagtige vulsel tussen die hout het verkrummel en lê die hele dek vol. Dit gaan groot werk wees om dit weer te vul. Eintlik 'n werk waarvoor ons nie kans sien nie. Dit moet maar wag tot later.
Die twee fenders is heeltemal stukkend en 'n ander een is pap. Dit lek by sy prop. Miskien kan Archie dit regmaak, andersins sal ons drie nuwe fenders moet koop. Een fender kos omtrent R700.00.
Die ui het dit ook nie gemaak nie.
Dek se "caulking" vergaan |
Hier wag 'n groot werk |
Twee stukkende fenders |
Ui |
Op 'n stadium sien ek hom op die kaai in Dinkie sit en wonder vir 'n oomblik of die man vergeet het Dinkie hoort eintlik in die water! Sien, ons het so lank nie geseil nie. Toe sien ek hy is met die toue besig. Was asof dit Maandag (wasdag) is.
Dan word die batterye getoets. Die huisbatterye lyk goed, maar die enjinbattery is moeg. Hy laai die enjinbattery, maar dit help nie. Hy spring op die marina fiets en gaan bestel dadelik een. Sonder die battery kan Maja se enjin nie vat nie.
Toe word die toilet weer geteiken. Die affêre het mos nie gepomp nie, toe maak Archie dit reg. Nou lek hy by die pompdeksel. Archie maak dit geduldig, al fluitende reg. Ek vervies my as 'n ding lek, hy fluit daaroor.
Maak toilet reg |
Dank vader vir silikoon |
Die verkoelingswater se impeller word inspekteer en lyk nog gesond. Terloops, Archie het die moeë battery "gebypass" en ons kan met groot vreugde sê die enjin werk nog én spoeg water uit.
Die hoofseil se uithatou het deurgeskaaf en weer is Archie op die fiets en gaan koop 16m nuwe tou. Hy trek daai tou deur en sit ook al die ander toue op hul regte plekke terug. Wel, na twee jaar, moet mens maar mooi dink waar kom al die toue nou weer.
Las tussen oud en nuut |
Toe is dit die nuwe stoof se beurt. Die ou stoof, waarop ek ure se kookgenot gehad het, word uitgehaal en langs die vullisdrom neergesit. Ek groet die stoof plegtig en bedank hom vir 7 jaar se getroue diens.
Die nuwe stoof (wat twee jaar in die marina se kantoor deurgebring het) word uit sy boks gehaal, en toe begin die proses. Eerste vraag, gaan dit pas? Dit pas gelukkig, met moeite, in die opening. En toe is dit nie sommer net vir insit nie. O nee, die nuwe stoof is te hoog en die deksel wat stoof moet bedek as dit nie gebruik word nie, wil nie mooi toemaak nie. Nou moet die hingsels laat sak word. Uit is die stoof en die gate word verstel. In is die stoof. Nou vind ons doe stoof is te vêr voor. Die oonddeur kan nie oop nie, want die kas is in die pad.
Nuwe stoof uit die boks |
Stoof word uitgehaal (elke keer met groot moeite) en gate word agtertoe geskuif. Weer in en nou het dit nie genoeg plek om agtertoe te swaai nie. Die stoof swaai mos om waterpas te bly. Weer uit, skuif die gate. Sit weer die stoof terug. Oonddeur kan nie heeltemal oop nie, maar genoeg om oondbak met gemak in te sit. Ai, dit was omtrent sukkel-sukkel.
Gaan dit pas? |
Sukkel-sukkel! |
Toe steek die stoof aan en hoera!, dit werk. Ons is skoon opgewonde totdat ons gas ruik. Weer word die stoof uitgehaal en Archie maak die konneksie stywer vas. Sit stoof terug en gelukkig ruik ons nie meer gas nie. Daai stoof is ses keer ingesit en uitgehaal. Elke keer met die grootste moeite. Maar al Archie se moeite word beloon met 'n bord heerlike kos en die volgende aand met oondgebraaide hoender.
Die stoof werk wonderlik |
Eerste maaltyd. Noedelrys en hoender |
Die oond werk ook uitstekend |
Gee wiz - you've had to do a lot of hard work on Maja! I hope that all the work comes to an end soon, so that you can get back out on the water and relax a bit. Wishing you well! Paddy & MJ
ReplyDeleteWhat we really need is the Faller cleaning team to rejuvenate what has been left of our fenders :-)
ReplyDeleteDo you mean Mary-Jane, while I hold the rope so she does not let the fender fall into the water?
ReplyDeleteThe photo I have shows clearly that you are holding the rope so that M-J doesn't fall in the water. What teamwork!
ReplyDeleteThose fenders look 'alien' ... not touching those .... however as long as Paddy holds the string ...... ;-). MJ
ReplyDelete