5 en 6 September 2019. Donderdag en Vrydag.
Ons trein is uiteindelik gereed en 21:30 klim ons. Jy
moet seker maak jy is in die regte wa, want die Bucharest wa word later
afgehaak en aan ander lokomotiewe gehaak. Ek en Archie is alleen in die
vier-bed wa. Wat 'n geluk. Ons slaan ons slaapbanke af en sit langbeen,
net soos op Maja.
Langbeen sit |
Lees lekker |
Ons
gaan slaap en so teen 01:35 maak hulle ons wakker. Ons is by die Turkye-Bulgaarse grens. Almal uit en hul stempel ons paspoorte. 'n Ent verder
neem hulle weer ons paspoorte in. Nou is ons wettig in Bulgarye.
Ons
ry die trein, ons ry die trein, ons ry die Turkse trein. Die landskappe
flits verby. Dan stop ons, dan wag ons, dan ry ons weer.
Bulgarye deur die venster |
By
een stasie staan ons vir amper twee ure stil. Ons wa word afgehaak en
aan ander lokomotiewe gehaak. Gedurig. Na 'n lang pad is ons by die
Roemeense grens. Weer paspoorte in om te stempel. Ons kruis die Blou Donau met die langste staalbrug oor 'n rivier in Europa. Die Blou Donau
flits verby. Ons is in Roemenië!
Blou Donau |
Blou Donau |
Bucharest
groet ons 19:05 met 'n miernes van mense. Ons voel vreemd. Maar ou
Archie koop sy internet, metro kaart en daar klim ons en ons tasse die
metro en ry na ons woonstel.
En ons is tuis, vêr van ons kleine Maja in 'n lugversorgde woonstel.
No comments:
Post a Comment