2 Julie 2019. Dinsdag.
 |
Chios Marina tot Mandraki, Oinoussa Eiland |
Vandag is die dag. Gus gaan ons die geleentheid gee om weer op die water te kom na amper 'n week se skuil.
Een
na die ander van die seiljagte verlaat hul skuilplek. Eers die wat suid
gaan en later die van ons wat noord gaan. Ons is op pad na Oinoussa
Eiland, 9 myl. Dieselfde roete waar dit 'n week gelede onbegaanbaar was.
Gus waai nog steeds 17 knope, maar vandag gaan ons wèl vorentoe, altyd
vorentoe.
Hierdie is 'n barre klein eiland. 'n Meermin hou wag oor die baai. Sy sit groen en regop op haar rotstroon.
 |
Meermin |
Ons
gaan vandag alongside by die kaai. Alles is reg en Archie vaar
daarheen. Die kaai is baie laag en Archie staan gereed om af te klim en
ek is agter die helm en pyl op die kaai af. Dan moet ek links swenk en
na genoeg wees sodat Archie kan afklim. My hart klop in my keel. Die
eerste is ons te vêr vir Archie om af te klim en ek probeer weer.
Archie
gee bevele. Ek pyl op die kaai af en net voor ek dit tref, moet ek
links draai om kaai te mis. My hart bons amper uit my ribbekas. Ek maak
soos die kaptein sê en sukses! Ons is na genoeg en Archie klim af. Ek
sit die boot in tru om haar te stop en nie in die Belgiese boot voor ons
vas te ry nie. Sjoe, dit was "scary".
 |
"Alongside" |
Toe is ons heerlik langs die kaai in die dorpie, Mandraki. Die huise hier word opgeknap en lyk te spoggerig. Ons
stap dorp toe en geniet die rustigheid van alles sonder 'n Gus wat sy
asem probeer uitblaas. Die aand is dit so stil dat dit so baie dou, dit
lyk soos 'n bui reën wat uitgesak het. Alles is nat. Te wonderlik!
 |
Mandraki dorp |
 |
Blou kerk |
 |
Langs die kaai |
 |
Maak nette reg |
 |
Uitsig na Turkye |
Voor
ons is 'n Franse naaldekoker boot waarop 'n trotse ouerpaar met drie
kindertjies is. Ek verstom my. Hulle kry later kuiergaste en toe is daar
agt volwasse mense aan boord. Die rustigheid van hierdie dag oorweldig my, dis heerlik.
 |
"Dragonfly" |
 |
Dragonfly se kinders |
 |
Kleure |
 |
Laatmiddag |
No comments:
Post a Comment