![]() |
Tsonia tot Molivos |
Vandag gaan ons
na die noordelike deel van Lesvos. Dis 'n pragtige dorpie met die naam
van Molivos, 11 myl. Dis die plek vanwaar ons die lang kruising na Limnos gaan
doen.
Oral hier langs die kus is wrakstukke en oranje lewensbaadjies wat teen die rotse uitspoel. Hierdie was mos prima vlugteling wêreld. Mens wonder altyd wat van die mense geword het. Het hulle oorleef? Waar kry hulle kos? En slaapplek?
Oggendskoot |
Wrak |
Ons kom by die kaai en daar is plek vir ons. Ek seil nou al sewe jaar en my keel raak nog steeds droog as ons moet vasmeer.
Archie
tru, ek bekyk die bodem, want soms byt 'n anker nie hier nie. Bodem lyk
goed, ek gooi. Dis 'n hoë kaai, Archie sal moet klouter. Daar is
niemand om te help nie.
Toe
ons by kaai kom hardloop ek agtertoe en vat die helm en daai kaptein
klouter teen die muur uit en maak ons vas. Ek gooi die ander agtertou en
ons is vas. Archie maak seker die anker is in en ons is tuis, in die
dorp met sy kasteel.
Molivos kaai |
Hawe - Maja vierde van links |
Vissershawe |
Ons
stap dorp toe en eet 'n gyro om my verjaarsdag van die volgende dag te
vier. Ons gaan nie kasteel toe nie, want ons kom weer hierheen saam met
Pierre en Annatjie, dan sal ons gaan. Ons kronkel boontoe en kyk na al die winkeltjies. Pragtig.
Molivos |
Straatkafee |
Dis
'n vrolike en gelukkige dorpie hiedie. Gesels en lag is aan die orde
van die dag. Ons gaan slaap vroeg, want môre is ons vensterperiode om
die lang kruising na Limnos te doen.
Ek droom die nag die waters van die kruising is rof.
No comments:
Post a Comment