23 tot 26 Mei 2019. Donderdag tot Sondag.
 |
Knidos to Datça |
 |
Roete tot op datum |
Knidos
is stil in die oggend. Baie jagte het vertrek. Ons volg in hul
waterspore en ons vertrek na Datça, 20.3 myl. Dis hier waar ons Maja
gaan skrop en polish (soos my oorle ma altyd gesê het).
Paddy,
nog 'n ou skoolvriend van Archie, en sy vrou Mary-Jane, ontmoet ons Sondag by Datça om vir so paar dae saam met ons te kom seil. Ons sien
uit daarna om hulle te sien.
Eindelik is dit sukke tyd. Die nuwe gaste daag op. Paddy en Mary-Jane is hier.
 |
Hulle is hier |
Archie
is bly om sy ou skoolmaat te sien. Paddy is eerste aan boord. Hy lyk gretig om die blog wat hy so getrou gelees het, eerstehands te beleef. Mary-Jane
kyk daai plank so uit die hoek van haar oog. Maar toe kom sy ook veilig
aan boord, nadat Paddy handjie bygesit het.
 |
Paddy kom aan boord |
 |
Mary-Jane volg |
Hulle is
lekker moeg en koffie is net die regte ding om hulle aan die gang te
hou. Nadat ons ietsie geëet, en lekker gesels het, gaan ons dorp toe.
Hulle verken die dorp alleen verder en ek en Archie gaan terug na Maja.
Ai,
Datça se seefront is darem mooi. Oral is sukke eienaardige marmerbeelde en Maja se mense en die honne verfraai die beelde nog meer. Die restaurante langs die waterfront verlei mens om daar te
sit. Ons weerstaan die versoeking en neem maar net droëbek- glimlaggend
foto's. Gail en Norman van Mosselbaai loop daar verby en poseer saam. Hulle is nie seilers nie, maar kuier in Turkye.
 |
Seefront honne |
 |
Ou vrinne |
 |
Gail, Norman, Archie, Paddy en Mary-Jane |
 |
Uitsig |
 |
Terug by Maja |
Dit
is gesellig op Maja se dek en Paddy en Mary-Jane is baie bly om hier te
wees. Later word aandete bedien. Eenvoudige Turkse kos. Mantie en
Ayran.
Die son sak langsaam en die dag kom tot 'n einde. Saam met skemer kom die soel aandlug van die amper-somer.
No comments:
Post a Comment