2 Julie 2018. Donderdag.
 |
Tuzla Köyü tot Şehir Adaları |
Wel, ek moet sê, dit was baie lekker by Tuzla, maar nou is dit weer
Skipskop, Skipskop, trek jou anker weer op. En ons vertrek na Sehir
Adalari, 10.8 myl. Dirk en Archie beman die helm. Ons vaar vorentoe,
altyd vorentoe.
Hierdie plek
is 'n malhuis met al die toeriste wat met bote hierheen kom om op die
beroemde strand te swem. Ons gooi anker en hy byt. Later trek ons anker
op, want dis is te naby die gullets. Ons gooi toe weer vier keer anker
voor die verdomde ding byt. Toe is ons vas.
Sehir
Adalari is die plek waar jy na Cleopatra se strand toe gaan. Sy het mos
'n skipvrag vol sand van die Sahara laat kom sodat haar geliefde,
Anthony lekker kon swem. Dus dames, leer by Cleopatra en bederf julle
manne.
Dirk en Ina roei
wind-op land toe om die ou stad te verken én by Cleopatra se stand te
swem. Hulle bly omtrent lank weg. Geniet hulle behoorlik gate uit. Ons
bly op Maja om haar op te pas. Ons sal gaan as hulle terug is, dan kan
hulle vir Maja oppas.
 |
Kasteelmuur |
 |
Cleopatra se strand |
 |
Cleopatra se strand |
 |
Amfiteater |
 |
Amfiteater |
 |
Ou olyfbome |
Toe
die twee eindelik terug en aan boord is, waai Gus lekker sterk en
toe lui die ankeralarm. Dirk kyk ons grootoog aan en ons bly toe maar
aan boord on sake dop te hou. Die anker is veilig, vals alarm. Ek
besluit om maar die volgende oggend gou strand toe te gaan.
 |
Sundowners |
 |
Sundowners |
 |
Sundowner |
Die
nag lê Ina en slaap op die dek en sy sê iets harigs het op haar geloop.
Sy het met haar flits gelig, maar het niks gesien nie. Dit was maar
seker 'n droom!
Okay, google maps gebruik en plekname gesoek, gesien dis Turkye, travel julle net in daardie omgewing? Lyk te lekker.
ReplyDeleteHi Nikita
DeleteDankie vir die kommentaar.
Ons seil elke jaar vir 5 maande in Griekeland en Turkye.
Vir 'n groter kaar kyk na die blog van 25 Julie (Symi, Symi Eiland) - Roete tot op datum.
Hoop jy kom reg!