5 en 6 Augustus 2018. Sondag en Maandag.
 |
Çökertme tot Bodrum tot Knidos | |
So breek Dirk en Ina se laaste vaart aan. So gou verby. Vandag gaan ons na Bodrum Milta marina, myl.
Dis
windstil tot in Bodrum en ons pomp eers swartwater uit en gooi diesel
in. Toe neem die marinaman ons van 'n piepklein spasie, waar Archie
meesterlik, met die hulp van die stampe en stote van die man in die
dinghie, inkom. Toe moet Ina vinnig daai laaste koue drankie skink, want
na die spanningsvolle vasmeer, het ons dit nodig.
Archie kry 'n agent om Dirk en Ina van die bemanningslys af te haal. Toe
was ons drie die boot. Dis omtrent harde werk. Omtrent soos "uit die
sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien". Ons aangesigte het
geblink van die sweet. Toe is Maja silwerskoon binne.
Dirk
en Ina gaan na hamman vir 'n welverdiende masering en ek en Archie gaan
koop bietjie voorrade. Ons maak ook klaar vir ons afskeidsete.
20:00
gaan ons Zazu restaurant. Wat 'n goeie keuse! Die kos was heerlik. Ek
eet lamskenkel, Archie en Dirk beeswange en Ina gebraaide salmon. Die
rooiwyn was van hoogstaande gehalte. Daar was ook twee manne wat baie
mooi gesing het. Amper Grieks. Ina het heerlik gedans.
"Dankie julle vir 'n heerlike aand!"
 |
Uitgevat |
 |
By Zazu restaurant |
 |
Aaa! Ou Dirk. |
 |
Musikant |
Maandag staan ons op en na 'n laaste kapteinskoffie, staan Dirk en Ina sak en pak op die kaai. Ons groet en weet ons gaan hulle mis. Nou is ons weer alleen leen leen.
Die marina man kom help ons uit ons klein spasie en ons vat die pad na Knidos, 23.4 myl. Ons sien 'n klein waterskilpad wat siek lyk. Archie duik om te kyk of alles reg is, maar hy swem weg. Hy is hopenlik reg. Sowat van hartseer skillie het ons nog nooit gesien nie.
Woensdag kry ons vir Francois en Roelien in Datca.
 |
Sak en pak |
 |
"Ons gaan Maja mis" |
 |
Visserboot |
 |
Skilpadjie |
No comments:
Post a Comment