4 Junie 2018. Maandag.
 |
Frangos Baai tot Palaiokastro |
Vandag is ons dag voor die groot dag. Môre is dit Kaap Malea. Ons groet
die Finne wat vandag die groot tog aanpak. Ons sal hulle môre by
Monemvasia sien. En weg is hulle.
 |
Finne kom groet |
Ons
besluit ons is nie lus vir hop nie en gaan kyk hoe Palaiokastro, 5.5
myl, lyk. Dan is môre 2 myl korter. Dis aan die Peloponnisos se kant en
beskut teen suidewind. Hier is dit heerlik rusti en geen gehop en gerol nie. Heerlik!
Dis
maar 'n doodgewone klein hawe en glad nie mooi nie. Dis net 'n plek,
ver verwyder van die prag van Frangos. Dis werklike doodgewone bestaan.
Twee verlate seiljagte lê op hulle pense op die kaai, net effense gestut. Hartseer.
 |
Verlate seilbote |
Ons
gaan land toe. Palaiokastro beteken "ou kasteel". Van die ou kasteel is niks te sien nie. Dit is nou net 'n gedagte in die geskiedenis. Hier is darem 'n mooi kerkie. Ons stap terug
en Archie vat die klouter-pad en ek vat die gewone pad.
 |
Palaiokastro |
 |
Stap na die "kasteel" |
 |
Klouter-pad |
 |
Kerkie |
Langs die see was daar eienaardige rotsformasies wat heel skulpe bevat het. Lyk soos 'n skulp wat in die rots vasgemessel is. Dis nie los nie, maar deel van die rots. Baie snaaks en interessant.
 |
Eienaardige rotsformasie |
Ek geniet die doodgewone plek, as doodgewone meisie saam met 'n besonderse kaptein.
No comments:
Post a Comment