![]() |
Sarakiniko Baai tot Efimia |
Agge nee! Die see het in die baai gerol en Maja het heen en weer gewieg. Soos gewoonlik slaap die kaptein soos 'n flippen baba en die blêrrie Sullivan ook! Dis net ek wat weereens soos Sherlock Holmes probeer om al die irriterende geluide op te los
Wel, toe ek uiteindelik aan die slaap raak en wakker word,
is dit 'n nuwe dag. Nog 'n dag vol nuwe dinge wat ons gas, Sullivan, sal beleef
en agterna met heimweë terugdink.
Pelagia noctiluca |
Strekoefeninge |
Ons gaan vandag na Eufimia, 11 myl. Die makkers trek anker op, en ons vertrek. Ons vaar tussen . Ithaca - en Pera Pigadi Eiland en Sullivan moet behoorlik koers hou, want dis maar vlak, sowat 4 m. Archie "put me upfront to con the way through", en so tussen my wat die pad aanwys en Sullivan agter die helm, én die kaptein wat 'n wakende oog hou, vaar ons met vleuende vaandels deur!
Ons vaar maar net, vorentoe, altyd vorentoe! Niks
buitengewoon gebeur nie. Dis net 'n heerlike gemoedelike dag tussen twee ou
skoolvriende en 'n eienaardige vroumens op 'n seiljag in die Ioniese See.
Kosbaar en spesiaal.
Efimia lê voor ons en die kaptein gee die opdrag en ons kry
alles gereed. Die haweman staan gereed op die kaai. Archie tru, die haweman gee
die bevel om die anker te gooi en ek gooi maar (ek wou eers bietjie stry).
Sully help met die balfender en agtertoue en ons is maklik vas. En hier is ons.
Ek gaan dorp toe en koop vir my drie seuns elk 'n
geskenkie
Ons gaan vandag, 11:00 met 'n taxi na die Melissani Grot toe. Die grot se water kom van die see by Argostoli 15 km vêr, en neem 14 dae om ondergronds tot by die grot te kom. Dit loop dan verder onder die grond tot by Sami waar dit in die see loop. Dit borrel eintlik in die see in.
Ons vaar op die meer in 'n tipe gondel en die man wat roei, sing en fluit te vrolik. Hy is vreeslik gaaf en neem ook gretig foto's. (Ek dink dis om sy "tip" bakkie vol te kry.) Daar hang die mooiste stalaktiete van die grot se dak. 'n Deel van die dak het 5 000 jaar gelede ingeval. Die water is pragtig blou soos die son daarop skyn. Ons verkyk ons aan die gragtige grot.
Marina, die vrou wat die taxi bestuur, neem ons terug na Efimia.
Sullivan nooi ons uit vir ete en ek is vreeslik opgewonde. Dit beteken net een ding - ek hoef nie vanaand te kook nie! Ons maak gereed en ek moet sê, die makkers lyk glad nie te sleg nie. Vreeslik aantreklik! Dis een van die beste restaurante in Efimia (Marina, ons taxibestuurder het so gesê). Sullivan eet "Red snapper"en ek en Archie eet haas. Ons het behoorlik gesmul!
Dorpskaai |
Efimia se kaai |
Archie en ek |
Ons gaan vandag, 11:00 met 'n taxi na die Melissani Grot toe. Die grot se water kom van die see by Argostoli 15 km vêr, en neem 14 dae om ondergronds tot by die grot te kom. Dit loop dan verder onder die grond tot by Sami waar dit in die see loop. Dit borrel eintlik in die see in.
Borrrel in die see in |
Ons vaar op die meer in 'n tipe gondel en die man wat roei, sing en fluit te vrolik. Hy is vreeslik gaaf en neem ook gretig foto's. (Ek dink dis om sy "tip" bakkie vol te kry.) Daar hang die mooiste stalaktiete van die grot se dak. 'n Deel van die dak het 5 000 jaar gelede ingeval. Die water is pragtig blou soos die son daarop skyn. Ons verkyk ons aan die gragtige grot.
Grot van bo gesien |
Gondels |
Melissani Grot |
Melissani Grot |
Stalaktiete |
Ek en Archie op die gondel |
Kydaar |
Marina, die vrou wat die taxi bestuur, neem ons terug na Efimia.
Sullivan nooi ons uit vir ete en ek is vreeslik opgewonde. Dit beteken net een ding - ek hoef nie vanaand te kook nie! Ons maak gereed en ek moet sê, die makkers lyk glad nie te sleg nie. Vreeslik aantreklik! Dis een van die beste restaurante in Efimia (Marina, ons taxibestuurder het so gesê). Sullivan eet "Red snapper"en ek en Archie eet haas. Ons het behoorlik gesmul!
Op pad na restaurant |
Yamas |
No comments:
Post a Comment