1 Junie 2017. Donderdag.
 |
Symi tot Datça |
So kom die Symi-sprokie tot ’n einde en ons vaar
terug na die werklikheid. Ons gaan vandag na Datça,10.82 myl. Ons seil nie,
Maja prrr ritmies voort. Vorentoe, altyd vorentoe.
 |
Symi visserman |
 |
Symi-sprokie |
 |
Tot siens, Symi |
Archie vaar reguit hawe toe en die hawemeester is
op sy pos en blaas die fluitjie. Ons doen die ding nou al amper outomaties. En
vas is ons. Chrismari skink vir oulaas koue drankies, want môre-oggend gaan sy
Maja verlaat.
 |
Laaste "cold beverages" |
Archie vul sy vorms in, want Chrismari moet nou
van die bemanningslys afgehaal word. Hulle help hom sommer gou en maklik en toe
is sy nie deel van die bemanning nie.
Die aand neem Chrismari ons uit vir ete en ek eet ’n
garnaalbredie en die ander twee eet vis. Smaaklik en heerlik. Dankie, Chrismari!
 |
Dankie en tot siens, Chrismari |
No comments:
Post a Comment