19 Junie 2016. Sondag.
Gelukkige Vadersdag.
 |
Lithi tot Salagonas Baai |
Hierdie vader op hierdie boot kry
vandag nie ’n spesiale Vadersdagete nie. Nee, hy het niks verkeerd gedoen nie.
Ons het bloot nie voorrade nie.
Ons is nog steeds aan die westekant van
Chios en gaan vandag verder suid en wel na Salagonas Baai, 38°13.250 N,
25°54.804 O, 13.7 myl. Die kant van Chios is taamlik onbewoon en die dorpies
baie min.
 |
Oggendskoot - Weste kant van Chios Eiland |
Gus waai amper glad nie en ons vaar
al langs die kuslyn. Om die hoek lê ’n hele klomp baaie waar ons kan anker. Ons
kies Salagonas en is die enigste seiljag daar. Daar is wel ’n klomp sonsoekers
op die strand wat lê en bak en hul warm lywe dan in die koel water dompel.
 |
Salagonas Baai |
 |
Angelia en Trachilia Baaie |
 |
Verlate strand |
 |
Maja |
Die water is koud, maar ons dompel
ook ons warm lywe in die blou water. Ons het ’n rustige nag op anker en ek maak
albei my oë maklik toe en droom Maja oorwinter in Patra en al die bote in die
hawe waai om.
No comments:
Post a Comment