30 September 2016. Vrydag.
Vandag is ons laaste dag hier in
Istanbul as toeriste, want môre pak ons op en begin die terugtog huis toe.
Ons besoek die Basilika Cistern, ’n ondergrondse
water reservoir, wat 527 tot 565 gebou is en kon tot 80 000 kubieke meter
water stoor. Dit is 140 m lank en 70 m en het 336 kolomme.
 |
Ondergrondse reservoir |
 |
Kolomme in die water |
 |
Huilende kolom |
As jy daar loop, hoor jy die water
wat so drup-drup. Daar is twee Medusa koppe in die Cistern. Daar is
verskillende legendes oor haar. Volgens een was sy ’n vroulike monster van die onderwêreld.
Sy het die towerkrag gehad om iemand wat na haar kyk in klip te verander.
’n Ander legende vertel dat sy ’n mooi
trotse meisie met swart oë en ’n mooi liggaam was en verlief op Perseus, die seun
van Zeus. Athena was ook verlief op hom en was baie jaloers op Medusa. Toe
verander sy Medusa se hare in slange en
almal na wie Medusa gekyk het, het in klip verander. Later het Perseus haar kop
afgekap en haar krag oorgeneem. Haar koppe is onderstebo en skuins gesit, dat
mense wat na haar kyk, nie in klip verander nie. Ek en Archie het darem
ongeskonde daarvan afgekom.
 |
Onderstebo Medusa |
 |
Skuinslê |
Die Cistern is regtig iets
besonders. Daarna het ons in die Gülhane Park gaan stap. Dit het ’n rustige en
kalmerende invloed op mens. Die hoë boomreuse hou oor als wag en mense stap en
sit in die park rond.
 |
Gülhane Park |
 |
Keiserin Marieks |
Ons stap langs die mure van die
Topkapi Paleis huis toe. Aan die een kant is die eeu-oue mure en aan die ander
kant jaag die motors verby. Oorkant is die see.
 |
Standbeeld van Admiraal Turgut Reis by Topkapi se mure |
Laatmiddag gaan ons na die Adamar
Hotel toe en eet iets lig op hulle dak restaurant. Ons kyk uit op die Aya Sofya,
die Blou Moskee en die Topkapi Paleis. Oorkant lê nog ’n deel van die reuse Istanbul.
Ons geniet die verskeidenheid mezes en die uitsig. Ons sluit ons toer af op ’n “hoogtepunt”.
 |
Aya Sofya |
 |
Blou Moskee |
 |
Topkapi Paleis |
 |
Istanbul |
Ons vakansie is nou amper verby. Môre
is dit vir oulaas “Skipskop, Skipskop, sit jou goedjies op jou kop …” Dan gaan
ons huis toe, na ’n baie deurmekaar Suid-Afrika.
No comments:
Post a Comment