22 September 2016. Donderdag.
Dit reën in die nag. Ons staan op in
’n papnat Göreme. Hulle voorspel nog reën vir vandag. Dit is bewolk.
Archie se knie is beter, maar nog
geswel. Hy kan darem al weer loop, maar nog ’n dag van bedrus is sy voorland. Nuwe
pleisters word geplak en ons is reg vir ’n heerlike ontbyt onder die
wolkkombers.
Ek besluit om die dolmus te klim na Çavuşin.
Die dorpie is halfpad tussen Göreme en Avanos.
 |
Çavuşin - nuwe dorp |
Daar is 'n bondel huise wat
verlate in die kranse uitgekap is. Ek stap en bewonder die landskap aan die noordekant van die dorp. Dit
lyk soos duiwe huise in die rotse.
 |
Landskap |
 |
"Duiwe huise" |
 |
"Fairy Chimneys" |
’n Deel van die roosvallei is ook
hier te sien. Die landskap lê roospienk deinend soos borste in die vêrte. Ai,
maar dis vir my mooi. Waar is ou Archie nou.
 |
Roospienk |
Die kerk van Johannes die Doper is
hier te sien en jy kan van die ou huise binne verken. So op eentjie doen ek al
die dinge. Ek wens Elize was hier dat sy dit saam met my kon geniet.
 |
Johannes die Doper se kerk |
 |
Boog |
 |
Muurskildery |
No comments:
Post a Comment