1 Augustus 2016. Maandag.
 |
Roete tot op datum |
 |
Panormitis tot Symi |
Vandag gaan ons na Symi se hoofdorp,
36°36.937 N, 27°50.233 O, 12.2 myl. Symi het ’n indrukwekkende kuslyn.
Hoë berge troon bokant die water uit. Skeure en valleie en ravyne reik tot aan
die see en verdwyn, word deel van die onderwêreld. ’n Wêreld van nat en see.
 |
Thessalona Baai op pad na Symi |
Ons gaan om die draai en Symi kruip
weg, skaam en sku. Ons vaar eers ’n ent vêrder en toe verwelkom die pragtige
Symi ons met sy warm, pragtige kleurvolle huise en geboue.
 |
Symi |
Die hawe is nogal leeg en daar is
baie plek vir ons. Kyk, hierdie plek is ’n prima gekruisde anker gebied. Ons
gooi ons anker en ons is vas. Elize en Fanie gaan sommer dadelik dorp toe, want
Elize moet die hele dorp “doen”. Ek en Archie wag tot dit koeler is, wat
eintlik nooit gebeur nie. Dit is 38° C in die dag en 32°C in die nag.
Ek en Archie gaan stap en klim by ’n
klomp trappe op om ’n uitsig oor die baai te kry. Bo gekom word ons verwelkom
deur ’n slangetjie. So klein as wat hy is, sis-blaas hy astrant vir my. Sy mond
is gelukkig nog te klein vir ’n appel om my mee te verlei. Archie is veilig! Ek
gaan hom nie probeer verlei nie.
 |
Slangetjie |
 |
Uitsig oor hawe |
 |
Maja by die kaai (tweede van links) |
 |
Hawe |
Die boek sê almal raak verlief op
Symi en dit is die reine waarheid. Dit is ’n pragtige dorp. En ek kan sien
Elize is klaar verlief. Die aand woon ek en Elize die konsert van die Symi Fees
by wat eers 22:00 afskop. Dit is ’n uitstekende konsert en ons gaan eers na
00:00 huis toe.
Wat ‘n fees.
No comments:
Post a Comment