9 Augustus 2016. Dinsdag.
![]() |
Bodrum tot Alakisla Bükü |
Wat ’n snaakse naam! En dis waarheen ons vandag gaan, Alakisla Buku, 36°59.877 N, 27°38.958 O, 14.5 myl. Na al die sterk winde wat ons in Griekeland gehad het, is hierdie windstilte vir my heerlik. Gus is net ’n mak briesie.
Die boek sê mens gooi moeilik anker,
want dit is harde sand. Ons gooi toe eintlik maklik anker en hy byt dat dit
bars. Dis baie warm hier in Turkye en mens moet gereeld in die see spring om af
te koel.
Ons roei land toe in Dinkie en stap ’n
deel van ’n staproete. Hier moes ’n dorp gewees het, want oral is ou murasies.
Daar is ook ou cisterns (watertenks) waarmee hulle afloop water gestoor het.
Water opgaartenk |
Alakisla Baai |
Stap in die bos |
Hier is 'n lekker strand waar die plaaslike inwoners kom swem en piekniek hou. Die boere van die omgewing kom sommer hier aangery in trekkers om die dag by die see te geniet.
Boere |
Dis pragtig in die baai en ons geniet
ons ankerplek terdeë.
No comments:
Post a Comment