28 Junie 2016. Dinsdag.
 |
Roete tot op datum |
 |
Mytilini tot Alibey |
Vandag verruil ons lande. Ons,
oftewel Archie, die kaptein, gaan klok uit. Hulle het mos net oë vir die
kaptein. Ek wag op die boot. Voor ons staan ook ’n jag wat moet uitklok met ’n passasier
op die dek. Toe kom die groot veerboot en hy moet sy boot agtertoe skuif. Daai ou grote draai baie naby hom. Die
kaptein kom terug en hulle vaar met ’n spoed weg.
 |
Groot veerboot soek ons geselsskap |
Archie kom terug en ons pak die
tweede been van ons seilseisoen aan. Ons vat die pad Turkye toe. Na Ayvalik,
39° 18.785 N, 26°41.165 O, 17.8 myl. Ons ken die pad, want ons was in 2014 ook
daar. Deur die nou, vlak kanaal, verby Alibey en daar is Ayvalik.
 |
Turkse eiland met Lesvos in die agtergrond |
 |
Alibey |
Ons gooi diesel in en die vasmeerman
met sy dinghie wys ons die pad aan. Hulle help ons, gee toue aan en vas is ons.
Maja is pragtig skoon, ek maak boontjiebredie en ons is reg vir ons gaste, Deon
en Ryna, van Aliwal-Noord se wêreld. Die kaptein vat die pad met al sy papiere
om te gaan inklok. Ek hoef nie saam te gaan nie, want hulle het mos net oë vir
die kaptein. Hy gaan herwaarts en derwaarts en uiteindelik, na drie ure is al
die papierwerk gedoen en ons is wettige toeriste.
Ons stap 17:30 hek toe en wag vir Deon
en Ryna. Ons wag en wag en ons wag nog ’n bietjie. Hulle kom 18:45 hier
aangejaag in ’n taxi. Die buswaard het nie vir hulle gesê hulle moet afklim nie
en hulle ry toe ewe lekker verby Ayvalik, op pad na Izmir. Toe hulle dit besef,
met die hulp van ’n vrou wat kan Engels praat, het die busbestuurder vir hulle
op ’n ander busmaatskappy plek sit gemaak om hulle terug te neem na Ayvalik. Wat ’n gedoente.
Ons was so bly om hulle te sien. Hulle was so bly om ons te sien. Ons groet innig.
 |
Wag en wag … |
 |
Ontmoet vir Ryna vir die eerste keer |
 |
Ryna, Deon en Archie |
Deon herken vir Maja, want hy is mos
’n getroue blogleser. En hulle kom aan boord. Eers Deon en toe Ryna. Daar word
toe op groot skaal glasies geklink en vrugte geëet. Ons is so bly om hulle te
sien.
 |
Soek vir Maja |
 |
Deon kom walsend aan boord … |
 |
… maar Ryna is meer statig |
 |
Verwelkomings drankie |
Later smul ons aan die
boontjiebredie. Daar is weer lewe op Maja.
Deon is te lank vir Maja.
Haha lekker lag ek nou... vir die verby ry & danspassies "walking the plank" (julle beter soet wees anders laat die kaptein julle dalk regtig "op die plank loop"). Ek sal nou my pa se plek hier in Suid Afrika oorneem as getroue blogleser. Groete Alicia
ReplyDeleteWelkom in die wêreld van jou ma en pa, Alicia!
ReplyDelete