6
Mei 2016. Vrydag.
Archie
skarrel rond. Dan peuter hy hier en dan daar. Dan stap hy met groot spoed dorp
toe, koop ’n ding en kom terug en installeer dit. Dan is dit die kajuitligte,
die “voltage sensitive relay” (g’n mens weet wat dit is nie!). Die vlae moet
gehys word, die toue moet weer op hulle plekke teruggesit word. Dan is hy weer
doenig in die enjin. Dié kaptein se werk is nooit klaar nie.
Kaptein se werk is nooit klaar nie |
Uiteindelik
is alles klopdisselboom en ons is gereed om môre te vertrek. Ons kyk vir oulaas
hoe die son al die wolke aanraak, verkleur en dan in die see verdwyn.
Maja is gereed |
Die son verdwyn |
No comments:
Post a Comment