20 Julie 2015. Maandag.
“Skipskop, Skipskop, trek jou anker weer op”. Dis die storie van my lewe. Ons trek die anker op, sit my hoed op my kop en vertrek na Panteli, 37°08.759 N, 26°51.695 O, ’n skrale 5.5 myl.
![]() |
Xirokampos tot Panteli |
“Skipskop, Skipskop, trek jou anker weer op”. Dis die storie van my lewe. Ons trek die anker op, sit my hoed op my kop en vertrek na Panteli, 37°08.759 N, 26°51.695 O, ’n skrale 5.5 myl.
Panteli |
Ons soek ankerplek en gooi. Ek kan nie sien hoe lyk die bodem nie en gooi seegras raak en soos gewoonlik byt die anker nie. Dan is dit maar weer optrek en weer gooi. Ek vloek nie meer soos ’n matroos as die anker nie byt nie. Ek gooi maar weer en weer. Ons soek op ’n ander plek en die keer sien ek die bodem en maak seker ek gooi op sand en nie seegras nie. En daai anker byt te lekker.
Panteli Baai |
Kalymnos in die vêrte |
En wil jy nou meer! Toe ek vir die boot langs ons se vlag kyk, is dit ’n SA vlag. Toe die twee seilers later in hulle dinghy klim kom groet hulle. Hulle is Gath en Julie van Plettenbergbaai. Hulle moet ongelukkig later vanmiddag vertrek en ons is spyt ons kry nie kuiergeleentheid nie.
Panteli is pragtige dorpie met sy
windmeulens en die kasteel hoog op die berg. Ons stap rond en kry uitsigte oor
die baai. Dis baie vêr kasteel toe en ons stap nie tot daar nie. Jy moet ’n
motor huur as jy die kasteel wil sien.
Op die heuwel is daar ’n ou mooi Grieks-Ortodokse kerkie. Die deur is toe, maar ek maak die skuifslot oop en die deur swaai oop. Ek stap saggies in en dis mooi binne. Daar heers ’n gewyde stilte in die kerk en dit voel amper of ek in die stilte iets heiligs oortree. Ek word een met die stilte en kyk rond. Dis net ek en al die prente van die heiliges. Dis baie spesiaal. Ek maak die deur weer baie saggies toe en my siel voel verkwik en loop ligvoets vêrder na waar Archie op my wag.
Kasteel |
Windmeulens |
Windmeul woonstel te koop |
Op die heuwel is daar ’n ou mooi Grieks-Ortodokse kerkie. Die deur is toe, maar ek maak die skuifslot oop en die deur swaai oop. Ek stap saggies in en dis mooi binne. Daar heers ’n gewyde stilte in die kerk en dit voel amper of ek in die stilte iets heiligs oortree. Ek word een met die stilte en kyk rond. Dis net ek en al die prente van die heiliges. Dis baie spesiaal. Ek maak die deur weer baie saggies toe en my siel voel verkwik en loop ligvoets vêrder na waar Archie op my wag.
Binnekant |
Daar is nie brood in die dorpie nie. Ek en Archie klim weer in Dinkie en gaan terug na Maja. Die Suid-Afrikaners het vertrek. Daar waar hulle jag was, is net ’n stuk see.
No comments:
Post a Comment