17 en 18 Junie 2015. Woensdag en
Donderdag.
 |
Karacaören tot Fethiye |
Die manne neem hulle laaste
seeswem met ’n tikkie hartseer. Hulle hou van swem, veral in sulke blou water.
Môre gaan Leon en Dirk ons verlaat. Hulle
vakansie op Maja is amper verby. Hierna word hulle binnelanders. Dirk kry die
landtou en ons doen die res en daar gaan ons. Dirk waai so ewe vir die
ankerplek.
 |
Oggendskoot - Afskeid |
Ons is op pad na Fethiye se
marina,36°37.522 N 29°06.018 O, 14 myl. Ek sien uit na die marina. Ek het
lanklaas soos ’n vroumens gestort en hare gewas en al die dinge gedoen wat
vroumense doen om ons mooier te laat lyk en beter te laat voel. Ek sien uit
daarna om sommer oor Maja se plank te loop en daar is die badkamer en die dorp.
Ai, dit gaan lekker wees!
Ons vaar en gesels en kyk en sien
en dink. Ons moet eers diesel ingooi en Archie hanteer die vasmeer baie goed.
Hy stuur meesterlik in die spasie. Maja drink die diesel in en ons aaklige
swartwater word uitgepomp en ek roep die marina op Kanaal 73 om ons ons
staanplek te wys.
 |
Besige Fethiye |
Die marina man op die bootjie weet te
vertel dat die marina binne vol is en ons moet aan die buitekant gaan alongside
vasmeer. En toe bars my borrel. Ek wou so graag ’n lekker laaste aand vir die
manne gehad het. En by die dorp wees en naby die badkamers. Natuurlik gee ek my
misnoeë te kenne. Met geen onomwonde taal. Ek spoel behoorlik my mond uit.
Wat kan jy doen! Ons gaan meer
toe maar aan die buitekant vas, 730 m (amper ’n kilometer) van die badkamer.
Ten minste kan ons lekker stort en klaarmaak vir die uiteet wat Leon en Dirk
vir ons beplan.
 |
Uitgevat! |
 |
Op pad restaurant |
Hulle neem ons na die Megri
restaurant. En wat ’n smaaksensasie! Dirk bestel vir ons twee mezes. Leon en
Dirk eet gevulde calamari en ek een Archie lamskenkel met ’n roosmarynsous. Dit
is omtrent die lekkerste wat ons nog in Turkye geëet het. Dankie, julle! Goeie
keuse vir laaste avondmaal.
 |
Pofbrood |
 |
Gevulde calamari |
 |
Lamskenkel met roosmarynsous |
 |
Dankie julle |
No comments:
Post a Comment