7 Junie 2015, Sondag.
 |
Ekinçik tot Baba Adasi |
‘n Groot
gulet het gister langs ons kom vasmeer en ons ankers lyk of dit baie naby
mekaar lê, indien nie oormekaar nie. Ek en Archie het gister in Dinkie geklim
en probeer kyk of ons kan sien of ons ankers oormekaar is, maar het niks gesien
nie. Die lig was al baie swak. Vanoggend het Archie weer gekyk en gesien dat
die ankers net-net nie kruis nie. Ons slaag n sug van verligting.
 |
Maja en die gulet |
 |
"Anchor check" |
Ek en Leon
maak los en Archie en Dirk trek die anker op en ons vertrek na Baba Adasi,
36°41.750 N, 48°41.820 O,13 myl. Dit is maar n taamlike vervelige pad. Ons
eiland (‘n adasi is ‘n eiland) het interessante rotse en ons vaar na die
ankerplek.
 |
Baba Adasi |
 |
Interessante rotsformasies |
Archie kry
die posisie reg, ek en Dirk is by die anker, gereed om te gooi en Leon sit reg
met die selfoon om die ankerwag knoppie te druk as die anker die grond tref.
Archie gebruik die app op die selfoon se GPS om te sien as die anker sou sleep.
As Maja buite die sirkel sou beweeg, gaan ‘n alarm af om ons te waarsku. Almal
doen hulle deel en ons is maklik en vinnig vas. Archie toets die anker en
almal is
tevrede.
Leon en Dirk
gaan eerste met Dinkie eiland toe. Hulle loop die eiland plat, verken al die
ruïnes en begeer potskerwe. Met hul terugkoms baai hulle die warm lywe in die
koel blou lafenis.
 |
Dinkie |
 |
Grotte |
Toe is dit
ek en die kaptein se beurt eiland toe. Dinkie is maar ‘n pikante ou dingetjie
en kan net twee mense op ‘n slag vervoer. Ons loop die steil paadjie en kyk na
die ou vuurtoring en kyk af op Maja wat daar onder lê. Twee vae figure is op
Maja te sien.
 |
Bote op anker |
 |
Vuurtoring |
 |
Uitsig van vuurtoring |
Dis ‘n heerlike
en rustige Sondagmiddag. Almal is vreedsaam.
 |
Lees lekker |
No comments:
Post a Comment