17 Mei 2015.
 |
Amazon Creek tot Büyük Çati |
Dis ’n lui-lekker
lewe hier in Turkye. Dis nou as Dinkie se motor nie breek nie .Ons staan op en Amozon Creek lyk spokerig in die vroeë môre. Misvingers gryp die bome en kruip in die rivier weg.
 |
Spokerig |
Weer ’n kort dag
na Büyük Çati, 36°47.432 N, 28°00.839 O, 3.2 myl. Voor ek nog ’n foto kan neem, is ons daar.
Sommer maar net die Oos Aegan see, nog ’n dag, nog ’n baai, nog ’n anker. Die
keer is dit ’n lang tou anker, maar
alles verloop goed.
Dis ’n regte Sondag.
Rustig en gemoedelik. Langs ons is ’n seiljag net drie opgeskote kinders. Die
gelag en gespeel van die kinders maak alles so normaal, so Sondag, ’n familiedag.
Ek het net aangetroude familie hier vandag, ou Archie!
 |
Familie boot |
Ons stap die koppie
uit en die baaie aan albei kante lyk pragtig vanuit die hoogte. Die water is soos ’n spieël in
verskillende skakerings van blou. Die vissersbootjies is in die hawe (dit is
nie eintlik ’n hawe nie), wag geduldig vir die vissermanne om hulle uit te vat
see toe met die belofte van groot vangste.
 |
Maja met haar toue |
 |
Büyü Çati |
 |
Two Tree Cove |
 |
Uitsig oor vissersbootjies |
Êrens kraai ’n
hoenderhaan.
No comments:
Post a Comment