21 September 2014. Sondag.
Sondag is markdag in Pinar Pazari, 'n buurdorpie. Ons klim die dolmus (minibus) en daar trek ons. Ons mis mos nie 'n mark nie. Na 45 minute se ry op 'n baie mooi pad, deur menige appelboorde, is ons daar. Wel, álmal is daar, want dit wemel van mense en hul dinge.
Dis nou behoorlik Turkye op sy beste. Al die plaaslike inwoners en boere van die distrik is daar. Almal koop en verkoop, ons ook. Die Turke groet ons en gesels en glimlag. Hulle gee ons 'n stukkie van hul warm harte.
Die hoogtepunt is middagete. Die skape en bokke word sommer daar in so 'n primitiewe slagpale geslag. Hulle maak dan die heel stuk vleis, van die blad tot die saal, in 'n groot kiln (steenoond) gaar. Dan koop jy die gaar vleis per kilo en jy eet dit sommer so met jou hande. My opgekapte vleis word op 'n klein stofie bedien. Archie besluit op skaapkop. Lekker!!
Appels in oorvloed |
Dis nou behoorlik Turkye op sy beste. Al die plaaslike inwoners en boere van die distrik is daar. Almal koop en verkoop, ons ook. Die Turke groet ons en gesels en glimlag. Hulle gee ons 'n stukkie van hul warm harte.
Te koop |
"Sunday shoppers" |
Markstal |
Meestal chillies |
Klein koolkoppe ... |
... en 'n grote |
Olywe by die dosyne |
Bone |
"Smilies" reg vir die oond |
Aan die braai in die kiln |
Middagete |
Ons koop appels, want dis appelwêreld dié, en druiwe. Die turkish delight kon ons ook nie weerstaan nie. Tot iets vir Maja - 'n skadu dakkie vir daardie warm middagson.
Ons en ons aankope klim die dolmus en ons ry terug Eğirdir toe, moeg gemark.
No comments:
Post a Comment