Friday, September 5, 2014

Turkye. Eğri Baai. Çeşme.

4 September 2014.  Donderdag.

Eskifoça tot Eğri Baai

Eğri Baai (38°32.261 N, 26°22.591 O), 27.7 myl, is alweer 'n bekende plek. Die berge staan trots en hoog langs die kalm see, elkeen met sy eie wolke.

Trots en hoog

Ons vaar

Rots ru rof,
Wit wolke opgepof.


Bos bas boom,
Windmeul draai loom.


Stil stom see,
Seemeeu vlieg mee.


Ruwer rofste, gruwwer grofste
Gladder stiller bomer
Skurwe, my siel vermurwe


 ***
Ons vaar op die Aegean see.


Rof en ru
Wit wolke opgepof
Stil stom see


Eğri is in sig en ons vaar die baai binne. Dolfyne swem-spring in die baai rond. Ek wag dat hulle nader kom, maar hulle ontglip ons en swem verder weg.

Eğri Baai

Ons anker. Vas, diep ingeploeg, veilig vir die nag.



5 September 2014.  Vrydag.

Eğri Baai tot Çeşme

Ons gaan vandag weer na Çeşme (38°19.273 N, 26°18.113 O), 16.7 myl, vir twee dae.

Oggendskoot - Dreigend

Dis alweer sukke tyd. Ons moet  land-uit, na die Griekse eiland, Chios, om dan weer dieselfde dag terug te kom na Turkye om ons nuwe visums te kry. As dit deurmekaar klink, wees verseker, dit is 'n deurmekaarspul. So, môre 09:40 klim ons die veerboot na Chios en 18:00 is ons terug in Çeşme.

1 comment:

  1. Hi Julle

    Wel...die voordeel hiervan is dat julle darm elke nou en dan 'n lekker "pork gyro" kan geniet...

    Die wolke maak dinge baie dramaties

    Lekker seil die laaste paar dae

    Groete van almal
    Gerrie

    ReplyDelete