Monday, August 25, 2014

Turkye. Yenifoça.

25 Augustus 2014. Maandag.

Metalika tot Yenifoça

Alweer oppad. Altyd oppad. Dis die lewe van 'n seilende sigeuner. Die wind het vroegoggend begin waai. Gelukkig is dit vandag net 10 myl na Yenifoça (38°45.003 N, 26°50.058 O).

Gus waai van voor. Selfs met die nuwe enjin, beur Maja teen die wind. Later word dit beter. Gus waai ligter en dadelik is die see kalmer.
Ons kry oppad twee merske golwe wat ons hoog eenkant vat en laag anderkant af. Al wat ek kan sê is: "Jo!"

Ons heenkome is 'n heerlike baai, ons soek 'n sandkol en toe ek een sien, gooi ek daai anker voordat Archie Maja gereed het. Hy skree nog vir my "Stop!", maar ek hoor nie, die anker raas mos. Hy tru toe maar, die anker byt en vas is ons.


Yenifoça Baai
Yenifoça

Toe gaan ons dorp toe. Dis so gesellige dorp, vol vakansiegangers  en gewone mense én ons.

Yenifoça

Ons loop rond, eet 'n pizza, koop 'n paar goedjies en roei terug na Maja.

Trimpark, Turkse styl

Moskee

Ons geniet ons aandete op Maja se dek.

2 comments:

  1. Ai, verlang ek nou sommer terug... die plekke lyk baie mooi. Julle moet dit geniet!

    Groete en lekker bly
    Gerrie

    ReplyDelete
  2. Hi.
    Die plekke is mooi. Jy soy dit baie gebiet het.

    ReplyDelete