30 Augustus 2014. Saterdag.
Die wind waai nog en nog en nog ...
Vandag vat ons die veerboot na Ayvalik, 'n dorp in die hoofland. Ons klim die 13:00-boot en daar trek ons. Ayvalik is aan die oorkant van die baai. Die deinings in die baai is nog groot, maar kleiner as gister.
 |
Veerboot na Ayvalik |
 |
Ayvalik |
Ayvalik is 'n werksdorp met 'n geheim. Dit lyk soos 'n gewone vissersdorpie met 'n waterfront en restaurante, maar as jy in die agterstrate rondwandel, kry jy 'n verrassing. Waar is Elize nou?!
Jy kom op 'n Griekse dorpie af met oorvloed atmosfeer. Motors skuur in nou, klip straatjies by jou verby. Daar is perdekarre en inwoners wat dag-tot-dag take verrig. Ou Griekse huise is orals.
 |
In die strate |
 |
Bouvallig |
 |
Ou fabriek |
Die Ottoman Grieke het in Ayvalik gewoon. In die 1920's is hulle gedwing om hulle geboorteland te verlaat en is na Lesvos, 'n Griekse eiland naby verskuif, terwyl die Turke van Lesvos, verskuif is na Ayvalik. Die stempel van die Grieke is oral afgedruk. Daar is grootskaalse olyfolie produksie, Grieks-Ortodose kerke (sommige is verander na moskees) en van die ouer inwoners kan nog steeds Grieks praat.
 |
Skoenmaker |
 |
Bakkers |
 |
Lewer gebak af |
Oral in Ayvalik restoureer hulle van die ou huise en geboue. Ons stap net rond en beleef en ervaar ou Griekeland.
 |
Ou huis ... |
 |
... wat hulle restoureer |
Ons eet die smaaklikste middagete, sulke Turkse boerekos.
 |
Meze - Eiervrug met bees, beesstifado, groenbone, rys-gevulde skorsieblomme |
Laatmiddag klim ons die veerboot terug na Alibey. Wat 'n verrasende en interessante belewenis!
 |
Totsiens Ayvalik |
No comments:
Post a Comment